
Hoe om met kinderlike geloof te glo en te vertrou
- GeloofsLES
- Charné Cronjé
CHARNÉ CRONJÉ se lewe het verander toe sy begin het om God onvoorwaardelik te vertrou. En te glo met kinderlike geloof dat Hy die onmoontlike kan moontlik maak.
Leer om weer in God te glo soos ’n kind
Jy kan seker nog goed onthou hoe jy ’n wisseltand in jou skoen onder die bed gesit het. Die volgende oggend kon jy nie wag om te sien hoeveel geld die tandemuis gebring het nie. Kinders glo enigiets wat grootmense vir hulle vertel. Daar is egter een vereiste – die grootmens moet betroubaar wees.
Die Here stel dit vir ons duidelik dat ons met ’n kinderlike geloof moet glo. ’n Dogtertjie weet mos dat haar pappa haar sal vang as sy in die swembad spring. So moet jy ook weet dat jou hemelse Pa jou sal “vang” wanneer jy wil verdrink in probleme.
Jesus het in Lukas 18:17 gesê: “Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Dit beteken jy besef dat jy niks het om op te roem nie. Dis slegs Sy genade wat jou kan red.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Val jy soms vas in die verlede en in kommer oor die toekoms? Dan mis jy die hemelse seëninge reg voor jou oë, sê ANNALIE ...
Dis moeilik om God te verstaan. Soms wens ons, soos JANINE VAN NIEKERK, Hy kan ’n e-pos stuur om die lewe presies te verduidelik. Die ...

Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!