Hoe om

Hoe om… ‘n swak selfbeeld af te skud (Jy is goed genoeg!)

“Wat sê jy oor jouself? Maak seker jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Selfvertroue is eintlik Godsvertroue,” sê LIESEL KRAUSE-WIID, aanbieder van ‘n video- en ‘n oudio-kursus Glo In Jouself en Kry Selfvertroue

Selfvertroue begin by ’n gevoel … joune begin by God

Partykeer sê ons die vreeslikste goed vir onsself – negatiewe, afbrekende goed wat jy nie eens vir jou grootste vyand sal sê nie. Maar ons sê dit vir onsself.

Wat sê God ...

“Wat sê jy oor jouself? Maak seker jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Selfvertroue is eintlik Godsvertroue,” sê LIESEL KRAUSE-WIID, aanbieder van ‘n video- en ‘n oudio-kursus Glo In Jouself en Kry Selfvertroue

Selfvertroue begin by ’n gevoel … joune begin by God

Partykeer sê ons die vreeslikste goed vir onsself – negatiewe, afbrekende goed wat jy nie eens vir jou grootste vyand sal sê nie. Maar ons sê dit vir onsself.

Wat sê God oor jou? Jy is Sy kind, jy is na Sy beeld geskep, jy is Sy verteenwoordiger hier op aarde.

Weet jy dat breinkenners reken dat ons binne drie sekondes iets negatiefs, byvoorbeeld ’n groot mislukking, of iets afbrekends oor onsself kan bedink?

Maar wanneer ons iets positiefs en opbouends, of iets suksesvols wil herroep, vat dit ons brein 60 na 90 sekondes. Dit vat soveel langer en ons brein moet soveel harder werk om iets positiefs oor onsself te bedink.

Jou selfbeeld, jou selfvertroue en hoe jy na jouself kyk, is belangrik, want dit is hoe jy jouself aan die wêreld projekteer.

Wie jy is, is eintlik God se beeld van jou.

Toe jy klein was, het jy dalk gehoor hoe mense goed oor jou sê – of jou ouers of onderwysers of ’n maatjie. Dalk het jou ouers nooit vir jou erkenning gegee nie en dit het jou selfbeeld laat verkrummel.

Maar dit moenie vir ons oor mense se woorde gaan nie. Dit moet gaan oor wat God se Woord sê. God se woorde oor ons.

Miskien as jy in ’n volmaakte gesin grootgeword het, sou jy geen probleem met jou selfbeeld gehad het nie.

Maar die volmaakte gesin bestaan nie.

Nee, jou selfbeeld moet jy by God kry. God se beeld oor jou, wat Hy sien wanneer Hy na jou kyk. Psalm 139 stel dit mooi: Hy het jou met groot sorg wonderbaarlik geskep.

Vir gesonde selfvertroue moet jy vrede maak met jou verlede

Aanvaar jouself deur die krag van vergifnis.

Dis menslik om jou foute en mislukkings voortdurend te onthou. Om vrede te maak met wat agter jou is, moet jy leer vergewe. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen!

Vir baie mense is vergifnis iets waarmee hulle aanhou sukkel – hulle kan hulself net nie vergewe nie. As gevolg van die sonde en foute in hulle verlede, kan hul nie Godsvergifnis hul eie maak nie.

Die Woord stel dit duidelik: God sê Hy vergewe jou en Hy dink nie weer daaraan nie. Hy verwyder jou sonde so ver as wat die ooste van die weste af is.

Jy kan dus weer met vrymoedigheid en passie leef, jy kan weer selfvertroue kry, want wanneer God na jy kyk, kyk Hy na jou deur die kruis.

Jy is hier vir ’n rede: leef jou roeping.

Daar is ’n rede waarom jy hier is. Ontdek dit deur te bid en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy jou talente uitleef en ’n verskil maak, sal jou selfvertroue groei.

God het jou dan wonderlik en uniek aanmekaar geweef. Hy het jou ook op ’n sekere plek gesit. Hy het jou deel van ’n spesifieke familie gemaak, jy bly in ’n spesifieke dorp of stad. Hy doen dit, want Hy wil hê jy moet daar waar jy is, ’n verskil vir Hom maak.

Die oomblik wanneer ’n mens jou talente en gawes begin uitleef, gee dit jou energie. Dit help jou om voluit te leef en die lewe regtig te geniet.
(Rhona Erasmus, sakevrou en beïnvloeder)

Opsoek na meer inhoud van Liesel Krause-Wiid? Kliek:
Artikels, Video en Oudio
#5MinuteMetGod-podsending

Deel die artikel

Méér artikels

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...

Blinde sanger VERNON BARNARD leef in ’n stikdonker wêreld. Nogtans bly hy gefokus om die lig aan sy binnekant wat hom deur elke slaggat en ...

Scroll to Top