Hoe om te oefen met min tyd

Hoe om te oefen met min tyd

Jy het nie ure nodig om ’n effektiewe oefensessie in te werk nie. Wees slim en fokus op kwaliteit! Leer hoe verbrand jy vet vinnig.

Voordat jy ophou oefen omdat jy voel dat daar te veel ander dinge is wat jou aandag vereis, dink aan al die gesondheidsvoordele en jou nuwejaarsvoorneme om weer in daardie jeans te pas!

Indien tyd ’n faktor is, kan jy saamgestelde oefeninge en hoë-intensiteitkardio in jou sessie kombineer.

Sluit tegnieke soos springhurke, sterspronge en opstoot-burpeesin, wat jou hartklop verhoog en spiere bou terwyl jou ...

Jy het nie ure nodig om ’n effektiewe oefensessie in te werk nie. Wees slim en fokus op kwaliteit! Leer hoe verbrand jy vet vinnig.

Voordat jy ophou oefen omdat jy voel dat daar te veel ander dinge is wat jou aandag vereis, dink aan al die gesondheidsvoordele en jou nuwejaarsvoorneme om weer in daardie jeans te pas!

Indien tyd ’n faktor is, kan jy saamgestelde oefeninge en hoë-intensiteitkardio in jou sessie kombineer.

Sluit tegnieke soos springhurke, sterspronge en opstoot-burpeesin, wat jou hartklop verhoog en spiere bou terwyl jou heupe, boude, kwadriseps en dyspiere geoefen word. Wissel siklusse van volstoom oefen af met kort rustye.

Dit is meer effektief vir vetverbranding omdat jy, terwyl jy dit doen en ook daarna gedurende die tyd wat jou liggaam van die strawwe sweetsessie herstel, meer kalorieë per minuut verbrand.

Alhoewel ’n uur se gemaklike draf of stap dalk meer kalorieë as ’n kort, kragtige oefensessie verbrand, moet jy ook die 23 uur daarná in gedagte hou.

Navorsing toon dat dié tipe inspanning nie net meer spiermassa stoor en beter vorm aan jou lyf gee nie, maar dat die toename in intensiteit ook jou metabolisme laat versnel.

Agt minute klink dalk net té kort vir jou, maar as jy regtig die tegnieke effektief uitvoer, sal dit jou asem laat jaag!

Gesels met jou dokter voordat jy met hierdie tipe oefening begin.

Hou matige stap en draf vir ontspanning, om te herstel wanneer jy styf is en om daardie ekstra kalorieë te verbrand as jy jou ’n bietjie ooreet het.

Maar as jy min tyd het en die maksimum voordeel wil geniet, fokus op kragoefening gekombineer met hoë-stamina-kardio.

Deel die artikel

Méér artikels

’n Baie algemene opvatting is dat jy urelange kardiosessies moet doen om vet te verbrand. Doen eerder kragoefeninge om jou metabolisme te versnel. Kardio is ...

Met ’n klein bietjie tyd en inspanning is mooi, ferm gevormde boarms sommer in ’n japtrap binne enige vrou se bereik! Die meeste van ons ...

Scroll to Top