Hoe trek jy aan vir meer SELFVERTROUE?

Hoe trek jy aan vir meer SELFVERTROUE?

“Ken jouself. Dra wat jou pas. Dan sal jy altyd selfvertroue hê. As jy jouself verwaarloos, gaan jy voel jy het nie selfvertroue nie. Ons werk hard, ons leef hard en ons moet na onsself omsien,” sê die stylafrigter SUNET VERMAAK.

Wanneer jou binneste en jou buitenste by mekaar pas en daar is harmonie voel ’n mens op jou beste.

Dit gebeur soms dat jy jou uiterlike effe verwaarloos en met die verloop van tyd voel ’n mens jy het nie meer selfvertroue nie. Jy is nie lus om te praat nie. ...

“Ken jouself. Dra wat jou pas. Dan sal jy altyd selfvertroue hê. As jy jouself verwaarloos, gaan jy voel jy het nie selfvertroue nie. Ons werk hard, ons leef hard en ons moet na onsself omsien,” sê die stylafrigter SUNET VERMAAK.

Wanneer jou binneste en jou buitenste by mekaar pas en daar is harmonie voel ’n mens op jou beste.

Dit gebeur soms dat jy jou uiterlike effe verwaarloos en met die verloop van tyd voel ’n mens jy het nie meer selfvertroue nie. Jy is nie lus om te praat nie. Jy wil nie voor mense verskyn nie. En jy begin al meer in die agtergrond in beweeg.

Jy is dit aan jouself verskuldig om selfversorging toe te pas sodat jy goed voel en die moed sal hê om te doen wat van jou verwag word.

Die regte styl en kleure sal jou selfvertroue gee

Vroue verskil. Almal het ’n ander styl, klere en bykomstighede waarvan hulle hou om aan te trek.

Party vroue sal ’n baadjie aantrek, dan voel hulle mooi. Dan kry jy dié wat dalk meer sal hou van ’n kimono. As sy ’n kimono aan het lyk sy vroulik en mooi daarin. Dan kry jy weer iemand wat ’n trui kan rock.

Jy kan kies! Miskien is dit ’n denim. Dalk hou jy van ’n mooi bloes. Of dalk verkies jy ’n rok.

Jy moet bepaal wat daardie een item is wat jou laat voel jy loop op die wolke. Iets wat jou laat sterk en selfversekerd voel. Kry ’n stylhandtekening, jou eie een.

Kleur is definitief ook een van die vinnigste maniere om selfvertroue te kry. Ons almal het ’n kleur wat as ons dít aantrek, kry ons positiewe reaksie: “Jy lyk mooi in daai kleur” of “jou oë lyk so mooi met daai kleur”.

Dit is die goed waarna jy moet oplet: wat dit is waarin jy mooi lyk. Wat is die kleur wat die mooiste by jóú gaan pas?

Onthou kleur bring harmonie. Dit is belangrik om te weet watter kleure vir jou werk. Daar moet harmonie wees tussen dit wat jy aantrek en jou oë, vel en hare.

Selfversekerd met ’n styl wat by jou persoonlikheid pas

Ons moet ook oplet na persoonlikheid. Party van ons het groot en sterk persoonlikhede, dan kan ’n mens waarskynlik groter en sterker kleure dra.

Party van ons is weer sagter, meer gedemp en is introverte. Wanneer laasgenoemde helder kleure dra, voel hulle oorweldig. Dra dan eerder kleure wat meer sag en gedemp is sodat jy in harmonie met jou persoonlikheid kan wees.

Iets wat ook mooi lyk, en selfvertroue gee, is wanneer iemand minimalisties aantrek, maar klere van goeie gehalte.

Kry vir jou ten minste een so uitrusting van goeie kwaliteit en wat ’n bietjie meer minimalisties is. Hierdie soort item wat jy koop gaan vir die volgende twintig jaar in die mode wees. Partykeer is dit die moeite werd om ’n bietjie meer te spandeer om so iets te koop wat net altyd sal werk.

Wanneer jy dan die dag nodig het om selfvertroue te wys, dra dan die een uitrusting waarin jy soos ’n miljoen dollar voel.

As jou stylpersoonlikheid egter dramaties is en groot bonkige mode-items by jou geaardheid pas, dra dit! Dit kan oorbelle, armbande en hangertjies wees As jy die selfvertroue het en dit is jou styl en in jou kleure, dan is dit mooi.

Voel mooi met die regte snit, skoene en grimering

As jy met selfvertroue jou styl uitleef, is jy suksesvol. Dit is daarom belangrik om te weet wat pas by jou.

Die regte silhoeët gee ook selfvertroue. Dra die regte snitte vir jou silhoeët, nie net wat in die mode is en wat jy in die winkels vir die seisoen teëkom nie. Dra wat jou pas. Reguit lywe lyk die beste met gestruktureerde materiale en sagte lywe met vloeiende lap.

Hakskoene maak beslis ook ’n verskil, want dit verander jou postuur. Dit hoef nie stiletto’s te wees nie. Dit kan ook ’n laer hakkie wees.

Ek hou van ’n “kitten heel”, dit is nie so hoog nie. Dit is lekker gemaklik as jy net so ’n bietjie hoogte soek. As jy voel jy kan nie so lekker op dun hakkies loop nie is ’n blokhak ook altyd ’n alternatief. Dit is lekker stewig.

Dra grimering om jou selfvertroue ’n verdere hupstoot te gee. Wanneer ons dink aan grimering, dink ons aan swaar oogskadu, aangeplakte onderlaag en hoeveel moeite dit verg. Dit hoef nie so baie te wees nie, net die basiese vyfstapgrimering is genoeg. Veral as jy swart, donker kleure of kleure wat nie by jou pas nie dra, moet jy grimering aansit om dit te maak werk.

Deel die artikel

Méér artikels

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

“Jou werk as ’n Spreuke 31-vrou is om jou man met jou sterkpunte aan te vul,” sê voorkomskonsultant, skrywer en motiveringspreker ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER. God se ...

Scroll to Top