Hoekom irriteer ons mekaar so?

Hoekom irriteer ons mekaar so? 

Klein jakkalsies begin meteens oral kop uitsteek. Selfs die manier waarop hy sy koffie in die oggend afsluk, kan jou grensloos irriteer. Hoekom nou skielik? 

Gee aandag as daar gereeld misverstande is 

Huweliksberaders glo as paartjies mekaar te min sien, gaan krakies oral in die verhouding begin wys. Julle is dalk geneig om liewer uit mekaar se pad te bly as julle so oor alles vassit. Die eintlike probleem is egter juis te min tyd saam.  

Behalwe dat julle mekaar frustreer, is daar kommunikasieprobleme oor alles. Hy het dalk iets tydens aandete gesê en nou glo jy dis ’n bedekte skimp oor die kos. Maar dis sommer afleidings wat nie op feite gegrond is nie. 

Gebrekkige kommunikasie veroorsaak net nóg groter misverstand! Dan gebeur dinge soos kinders wat nie opgelaai word nie en dat die een die ander een die skuld daarvoor gee.  

Julle is waarskynlik albei oorwerk en oorstuur, maar elkeen dink dat sy of haar omstandighede die ergste is. In plaas van om mekaar te ondersteun, word verwyte oor en weer geslinger.  

Wanneer slaapkamerprobleme ook voorkom, ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Al ooit gewonder waarom julle meer soos opponente in ’n bokskryt as vennote in ’n huwelik voel? Die oplossing is – verstaan mekaar, en vier ...

Hoeveel keer doen jy iets omdat jou ma dit altyd so gedoen het? Ons ouers se voorbeeld het ’n blywende invloed, ook op ons verhoudings. ...

Scroll to Top