Hou-besigwees-jou-weg-van-God_result

Hou besigwees jou weg van God? 

“Ons mis partykeer die Heilige Gees se stem. God wil ons lei, maar ons is te besig,” sê die radio-omroeper BENESCKE JANSE VAN RENSBURG. 

Ons weet nooit wanneer daar ’n situasie geskep word waar jy staan en jy moet vir God verteenwoordig nie. Jy word amper soos ’n ambassadeur.

Jy is dalk die enigste een in jou hele werkplek wat glo in God en daar kom ’n argument teen jou. Jy weet nooit wanneer daardie dag kom nie, want dit is soos ’n storm wat kom.

Jy is die ...

“Ons mis partykeer die Heilige Gees se stem. God wil ons lei, maar ons is te besig,” sê die radio-omroeper BENESCKE JANSE VAN RENSBURG. 

Ons weet nooit wanneer daar ’n situasie geskep word waar jy staan en jy moet vir God verteenwoordig nie. Jy word amper soos ’n ambassadeur.

Jy is dalk die enigste een in jou hele werkplek wat glo in God en daar kom ’n argument teen jou. Jy weet nooit wanneer daardie dag kom nie, want dit is soos ’n storm wat kom.

Jy is die boom. Hoe diep is jou wortel? Gaan jy kan sterk staan?

Is daar iets waaraan die Heilige Gees jou kan kom herinner?

My ma sê altyd ons almal is soos koppies. Wanneer jy tyd saam met God spandeer, is dit amper soos wanneer jy vloeistof binne-in sit. Wanneer jy geskud word, is wat uitkom, wat binne is.

Waaraan gaan die Heilige Gees jou kom herinner? Hoe gaan jy kan sterk staan? Ons het nodig om tyd saam met God te spandeer. En ons het dissipline nodig.

Maak God deel van jou besige tye

Ek dink wanneer ons op ’n gereelde basis tyd saam met God spandeer, as jy in sy teenwoordigheid kom staan, dan beleef ons ook hoe Hy vir ons deurkom. Hoe Hy saam met ons stap op tye waaraan ons noodwendig nie eens dink nie.

Ek het dit beleef hierdie jaar by die KKNK op Oudtshoorn. Ek hou verskriklik baie van die kunste.

Ek onthou die oggend word ek wakker en ek het hierdie gevoel binne my hart om vir God te vra om ons te lei. Dit was die eerste dag wat ons daar was en ek weet dit was nogal ’n vreemde gedagte. Maar ek het net weereens dit gedoen.

Ek het gebid: “Dankie vir die voorreg om hier te kan wees. Lei ons vandag, wees U saam met ons, wees U teenwoordig. U Woord sê, ken Hom in al jou weë en Hy sal jou pad gelykmaak. Wees saam met ons vandag, lei ons, wees by ons.”

Ons gaan na die eerste vertoning. Omdat ek in die media werk, het ek ’n mediakaartjie om komplimentêr by te woon. Ons het gedink om ’n kaartjie vir my man te koop by die deur.

Ons kom daar aan en alles is so gejaag.

Ons staan in die ry en daar is verskriklik baie mense, die stuk was eintlik uitverkoop. Ons kom voor, en ek gaan nou ’n kans vat en vra of daar nie miskien ’n kaartjie is vir my man nie, want ek het mos nou ’n mediakaartjie.

Die vrou probeer my kaartjie skandeer, maar hy werk nie. Ek sê ons soek nog ’n kaartjie en sy sê: “Nee, dis uitverkoop.”

Ek en my man staan daar en ewe skielik staan ’n vrou agter ons en sy sê: “Dis julle gelukkige dag. Hier’s vir julle twee kaartjies.”

Die Heilige Gees kan jou lei deur krisisse

Ek het regtig so ’n oomblik gehad, net om te besef dat ’n mens kan dit afmaak as: Haai, hoe toevallig is dit nou dat hierdie vrou agter my staan. Jy kan dit so sien. Óf jy kan weet God het miskien hierdie vrou hier agter my laat staan sodat sy ons daardie twee kaartjies kan gee. Sodat ons die vertoning kan gaan kyk.

God maak die pad vir jou gelyk in die klein en in die groot goed.

Ek het nou die dag met ’n ingenieur gepraat en hy sê hulle het ’n krisis gehad by die een fabriek wat hulle het. Hulle het op ’n stadium ’n klomp verskillende mense gehad wat kom kyk het wat die probleem is. Die goed het net nie gevloei soos dit moes in die fabriek nie.

Hy sê hy stap uit en hy bid: “Vader, asseblief, ek vra of U ons sal lei deur die Heilige Gees om te vind wat die probleem hier is.” Hy stap terug, en die volgende oomblik sien hy ’n kraan. Hy het nie eintlik eers gedink dat daardie kraan ’n probleem kan wees nie. Hy stap soontoe en draai, en draai. En wraggies dis die oorsaak van die probleem.

Hy getuig en sê: “Weet jy wat, ek het beleef dat die Heilige Gees my gelei het om hierdie krisis uit te sorteer.”

Wanneer ons so besig raak, dan mis ons partykeer die Heilige Gees se stem. Of ons hoor dit nie. Ons is so besig en God wil ons lei, maar ons is so besig God moet net staan en kyk.

Kom ons maak seker dat ons gedissiplineerd is sodat ons Sy stem kan herken. Ons moet Hom deel maak van ons dag. Dan gaan Hy ons baie vinniger help om baie meer gedoen te kry.

Deel die artikel

Méér artikels

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

“Jou werk as ’n Spreuke 31-vrou is om jou man met jou sterkpunte aan te vul,” sê voorkomskonsultant, skrywer en motiveringspreker ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER. God se ...

Scroll to Top