Rechaux is ’n ma van agt wat traumatiese kinderjare, ’n mishandelende huwelik en die vrees om haar kind te verloor, deurleef het. Nadat haar kind drie maande in die intensiewesorgeenheid was, het sy steeds voortgegaan om ander vroue te bemoedig. As top-30-finalis vir Mev. Suid-Afrika en Sarie-voorbladgesigkategoriewenner getuig sy voortdurend van wonderwerke.