Anuscha is ’n vrou wat, selfs te midde van haar eie stryd met borskanker, steeds ’n sterk steunpilaar vir haar gesin is. Sy is ’n liefdevolle vrou en ma van twee seuns, asook ’n talentvolle sangeres en liedjieskrywer. Haar krag, liefde en volharding maak haar ’n ware inspirasie vir haar gesin en almal rondom haar.