Is ons kinders oorlaai en uitgebrand?

Is ons kinders oorlaai en uitgebrand?

Voel dit vir jou asof standaarde in die werkplek bly styg, terwyl geleenthede afneem? Hoe kan jy jou kinders vir langtermynsukses voorberei sonder om hulle te laat uitbrand?

Dis tienuur op ’n weeksaand en jou dogter het nou eers by die huis gekom na ’n vier uur lange konsertrepetisie.

Konsertoefensessies steel julle gesinstyd, haar studietyd en haar geleentheid om die rus te kry wat sy nodig het om gesond en wakker te bly.

As ’n topleerder met moeilike vakke op skool is sy op ’n normale dag oormoeg en ...

Voel dit vir jou asof standaarde in die werkplek bly styg, terwyl geleenthede afneem? Hoe kan jy jou kinders vir langtermynsukses voorberei sonder om hulle te laat uitbrand?

Dis tienuur op ’n weeksaand en jou dogter het nou eers by die huis gekom na ’n vier uur lange konsertrepetisie.

Konsertoefensessies steel julle gesinstyd, haar studietyd en haar geleentheid om die rus te kry wat sy nodig het om gesond en wakker te bly.

As ’n topleerder met moeilike vakke op skool is sy op ’n normale dag oormoeg en oorweldig.

Voeg die eise van ’n buitemuurse aktiwiteit by en dit is genoeg om haar heeltemal te laat uitbrand.

Daar is meer druk op kinders as ooit te vore

Volgens die kindersielkundige dr. LeaAnn Lape-Brinkman sit baie gesinne met dieselfde probleem. “Dit lyk of daar meer druk op kinders en tieners as ooit tevore geplaas word.

Skole het baie hoë verwagtings en kinders leer vroeër lees en skryf as in vorige geslagte. Die standaard van ontwikkeling en opvoeding het drasties toegeneem.”

In werklikheid is dit nie ongewoon vir ’n hoërskoolkind om drie uur se huiswerk op een dag te hê nie. Voeg dit by die ses uur wat hulle reeds in die skool deurbring, nog twee of drie uur vir buitemuurse aktiwiteite, en dit maak maklik altesaam ’n twaalfuurskof.

Aan die ander kant vertel statistieke ons dat die jeug meer tyd op mediatoestelle deurbring.

Geen wonder dat ouers en onderwysers ’n toename in angs en aggressie en ’n afname in skoolprestasie by kinders raaksien nie.

Wat is die antwoord? Skakel alle selfone af, kanselleer alle aktiwiteite en bestee elke aand rondom die etenstafel?

Daar kan tye wees dat ouers inderdaad dit moet doen, maar wat van die ander nodige karaktereienskappe wat kinders moet ontwikkel? Eienskappe soos vasberadenheid, deursettingsvermoë en tydsbestuur? Want laat ons eerlik wees, in die wêreld daar buite is daar tye dat ’n onverwagte sperdatum of hoë werkslading tref en ons moet weet hoe om dit te hanteer.

Wanneer julle as gesin prioriteite bespreek, kyk altyd na die lang- en korttermyngevolge.

Om die scenario van vroeër as voorbeeld te gebruik: Gesels eerstens oor wat haar huidige skoolwerklading is en die tyd wat sy nodig het om die punte te behaal waarna sy streef. Praat dan oor haar emosionele behoeftes. ’n Groot deel daarvan is om gesonde vriendskappe by die skool te ontwikkel.

Help jou kind om nie oorlaai te word nie

“Kinders, net soos volwassenes, het tyd nodig om te ontspan,” sê dr. LeaAnn. “Hulle het meer slaap nodig. Daarom sal baie tieners die dag omslaap wanneer hulle die geleentheid kry.

Ouers moet hulle kinders help kies tussen aktiwiteite. Om jou kind te dwing om iets prys te gee waaraan sy wil deelneem, kan moeilik wees, maar kinders moet leer om werk en speel te balanseer.”

Leer jou kind dat prestasie nie alles is nie.

As sekere vakke vir jou kind moeiliker is as ander, is dit heeltemal normaal om laer punte in daardie vakke te kry.

Kinders moet die kans gegee word om baie aktiwiteite en geleenthede te verken. Namate hulle ouer word, is dit belangrik dat ouers kinders help om die areas waarin hulle uitblink te kies en hoofsaaklik daarop te fokus.

Kinders is gewoonlik te emosioneel in hulle denke.

Die meeste kinders het té emosionele en grootliks swart-en-wit denke. Wanneer hulle ’n lang lys opdragte kry, kan hulle vinnig oorweldig voel. Deur hulle te bemoedig en te help om op een taak op ’n slag te fokus, kan jy jou kinders help om te ontspan en die selfvertroue te kry wat hulle nodig het om die take te voltooi.

Kinders het ’n mate van stresvolle situasies in hulle lewe nodig. Dit leer hulle belangrike vaardighede wat hulle in die toekoms nuttig sal kan gebruik.

Spanning moet wel nie ’n daaglikse faktor word nie.

Verder moet jou kind leer om selfgeldend te wees en om nee te sê. Dit is jou werk as ouer om jou kind te help om die rangorde van take vas te stel en een ding op ’n slag aan te pak.

Maak dit duidelik dat harde werk beloon sal word.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy en skuldgevoelens oor jou kinders is dalk al ou vriende. Wees gerus, selfs mense met baie kennis oor kinderopvoeding maak soms ’n blaps. Opvoeding ...

Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...

Scroll to Top