Ja, jy kan... Jou ideale só bereik

Ja, jy kan… Jou ideale só bereik

Of dit nou jou ideale gewig is of om fiks te word, met ’n doelwit waarop jy kan fokus en ’n bietjie ondersteuning kan jy dit bereik, sê leefstylafrigter GERHARD VAN DER MERWE.

As jy na niks mik nie, gaan jy dit heel waarskynlik tref.  

Om na niks te mik nie veroorsaak twee probleme. Aan die een kant kan jy rondval. Vandag is die een ding belangrik en môre is die volgende ding belangrik. Voor jy jou kry, val jy rond tussen dinge wat nou belangrik is en later weer van die ...

Of dit nou jou ideale gewig is of om fiks te word, met ’n doelwit waarop jy kan fokus en ’n bietjie ondersteuning kan jy dit bereik, sê leefstylafrigter GERHARD VAN DER MERWE.

As jy na niks mik nie, gaan jy dit heel waarskynlik tref.  

Om na niks te mik nie veroorsaak twee probleme. Aan die een kant kan jy rondval. Vandag is die een ding belangrik en môre is die volgende ding belangrik. Voor jy jou kry, val jy rond tussen dinge wat nou belangrik is en later weer van die radar af verdwyn het. 

Die tweede gevolg is dat jy waarskynlik nooit bevrediging sal ervaar nie, en eendag gaan terugkyk en wonder wat nou eintlik van jou lewe geword het. Dit is wanneer mense beleef dat hulle hulle doel gemis het. 

Sien die voordele van ’n doelwit raak

Deur doelwitte te stel kan jy die lewe vir jouself soveel makliker maak. Daar is egter verskeie redes hoekom ons sukkel om te besef watse voordele doelwitte inhou.  

Maar as jy hierdie denkfoute kan uitskakel, is dit amper gewaarborg dat jy later met genoegdoening sal kan terugkyk oor hoe jy op die lewenspad gevorder het. 

Maak seker jou doelwitte gee jou energie. Om iets wat nie jou oë laat blink nie ’n doelwit te maak, gaan beteken dat jy môre of volgende week nie meer daarop sal kan of wil fokus nie. 

As jou doelwit is om 50 opstote te kan doen om jou maagspiere te versterk en jou gesondheid te bevorder, maar dit is nie iets wat jou opgewonde maak nie, gaan dit dalk die eerste twee dae gebeur.  

Daarna gaan jy daarvan vergeet of genoeg verskonings kry hoekom jy dit nie vandag kan doen nie. Stel ’n doelwit wat vir jou ’n uitdaging sal wees, maar ook iets is waarna jy kan uitsien. 

Maak seker dat jou eindpunt haalbaar is

Breek ’n groot doelwit af in kleiner, makliker bereikbare take. As ek daaroor droom om 10 kg af te skud om in daardie geliefde rooi nommertjie te pas, mag 10 kg dalk oorweldigend voel.  

Stel liewer ’n paar mikpunte wat makliker haalbaar sal wees. Miskien 2 kg in die eerste siklus. Nog twee in die volgende siklus. En só kan jy voortgaan …  

Gee ook vir jou doelwitte ’n eindpunt. Niemand kan volhou met iets wat nie ’n einddatum het nie. Dit is vaag en vervelig. Maak ’n groot, rooi kring om ’n datum op die almanak.  

As jou mikpunt is om R20 000 vir ’n vakansie te spaar, moet jy weet vir wanneer daardie vakansie beplan gaan word. Jy wil op 16 Desember met vakansie gaan. Gestel dit is nou Februarie. Dit gee jou amper 10 maande om te spaar. Breek dit af in maanddoelwitte. 

Hou jou doelwitte aanpasbaar, maar nooit onderhandelbaar nie. As ons die vakansievoorbeeld gebruik: As jy in Julie skielik jou motor se bande moet dit vervang, kan jy dalk sukkel om Julie se R2000 opsy te sit.  

Maar dit maak nie die doelwit onbereikbaar nie. Pas daarby aan. Miskien kan jy een maand dalk net R1000 afknyp. Probeer dan om oor die volgende vyf maande elke maand R2200 weg te sit om die R1000 in te haal.  

Kry ondersteuning om jou ideale te bereik

Moenie ’n nederlaag as ’n rede sien om jou doelwit af te skryf nie. Die uitdaging wat jy moet oorkom, sal buigsame aanpassing verg, maar sonder om jou doelwitte prys te gee. 

Maak seker jou doelwitte fokus op die regte dinge. Daar is baie aspekte waarvoor jy doelwitte kan stel: jou huwelik, jou gesin, jou werk, jou finansies, jou gesondheid en jou geestelike lewe. Identifiseer daardie terreine waarop jy nou wil fokus. 

’n Reisgenoot kan jou help om op koers te bly en jou doelwit te bereik. Iemand wat jou kan aanmoedig en moed kan inpraat as dinge moeilik raak en jy moed begin verloor.  

Iemand wat jou verantwoordbaar kan hou oor jou doelwit. Maar ook iemand wat saam met jou opgewonde kan wees oor jou doelwit. 

Het jy ’n reisgenoot? Dit kan ’n lewensmaat wees of ’n vriend of vriendin. Die ondersteuning van ’n lewensafrigter kan jou ook help op jou reis om jou doelwit te bereik.  

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top