Ja, jy kan... kreatief en skeppend wees

Ja, jy kan … kreatief en skeppend wees

Jy was bang om uit te staan en dit het gevolglik jou oorspronklikheid versmoor. As jy op ’n tyd kreatief was, kan jy dit terugkry, sê KOBUS NEETHLING. 

Kreatiwiteit is ’n vars aanslag tot die lewe 

Ons leef in ’n wêreld waar nuwe dinge elke paar sekondes geskep word. Hoe kan ons dan aanhou werk en leef soos 20 jaar gelede?

Kreatiwiteit is nie die vermoë om mooi te teken of skilder nie. Dis ook nie die vermoë om klere te ontwerp of binnenshuise versiering te doen nie. Of om ’n musiekinstrument te bespeel nie.

Kreatiwiteit is ’n proses, ’n manier om nuwe metodes te vind om iets te doen, ’n vars aanslag tot die lewe. Dit is ’n houding waar jy eerder oplossings as probleme sien. Dit gaan oor nuwe idees uitdink en om dit te laat werk.

Dit is vars oë, ’n ek-kan-dit-doen-houding en die moed om vol te hou tot die einde. Jy moet sê: “Hoekom nie?” of “Kom ons probeer!” in plaas van: “Hoekom?” of “Dit sal nooit werk nie!” Jy moet ’n passie hê om aan ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Kies waardes wat by jóú pas! LIZETTE VOLKWYN verduidelik hoe om kernwaardes te kies wat reg is vir jou, jou lewe weerspieël en jou besluite ...

Vind uit wat vir jou belangrik is! ARMAND KRUGER leer jou hoe om jou kernwaardes te verstaan en te gebruik om ’n gelukkiger, meer vervullende ...

Scroll to Top