Ja jy kan... Verander en aanpas

Ja jy kan… Verander en aanpas

Almal raak soms angstig wanneer daar van hulle verwag word om aan te pas of om te verander. Die Bybel leer ons om nie bang te wees nie, maar lewensafrigter en spreker JULIE STEYNBERG weet dit is nie maklik nie.

Verandering is nodig om vorentoe te beweeg

Ongelukkig is niks in die lewe permanent nie, behalwe verandering. Die geheim lê daarin om hierdie verandering aan te gryp, te aanvaar en die beste daarvan te maak – sonder om ’n vrees daarvoor te ontwikkel.

Jy kan verandering nie ...

Almal raak soms angstig wanneer daar van hulle verwag word om aan te pas of om te verander. Die Bybel leer ons om nie bang te wees nie, maar lewensafrigter en spreker JULIE STEYNBERG weet dit is nie maklik nie.

Verandering is nodig om vorentoe te beweeg

Ongelukkig is niks in die lewe permanent nie, behalwe verandering. Die geheim lê daarin om hierdie verandering aan te gryp, te aanvaar en die beste daarvan te maak – sonder om ’n vrees daarvoor te ontwikkel.

Jy kan verandering nie keer nie, maar om te kan verander in die mens waarvoor God jou geskep het om te wees, moet jy besluit om nie op te gee nie.

Soms is die oorwinning binne bereik, maar dan het jy reeds opgegee. Dikwels moet jy weer van vooraf begin, want die proses van verandering is nodig in jou lewe om te kom waar jy moet wees.

Wanneer jy egter terugrem van verandering, is dit nie ’n persoon of omstandighede wat jou in die proses kniehalter nie – dis jy.

Pak die bul by die horings en konfronteer daardie vrees trompop. Neem ’n daadwerklike besluit om te kom van hier tot daar. Laat ervaring en lewenslesse in jou lewe toe.

Verandering is gewis nie maklik nie, en die meeste mense voel geïntimideer deur die gepaardgaande onsekerheid en vrees dit. Maar onthou, dít wat God vir jou in gedagte het, is groter as enige vrees wat in jou pad kan staan.

Kan jy jouself vir ’n oomblik indink wat Maria, die moeder van Jesus, moes gedink het toe die engel na haar toe kom en vir haar sê dat sy swanger gaan word? Kan jy dink hoe bevrees sy moes wees?

Maria het God genoeg vertrou om die reuse-verantwoordelikheid te aanvaar, al het sy gewonder hoe so iets met ’n maagd kon gebeur. Haar geloof in God het haar vrees oorwin en die grootste wonderwerk van alle tye laat plaasvind.

Dit net omdat ’n vrou geglo het dat sý die een is wat geroep is om Jesus se moeder te wees. Haar geloof in en haar liefde vir God was haar anker.

Besluit waar aanpassing nodig is in jou lewe

Soveel mense vra: “Waarom ek, Here?” Waarom nie? Slegte dinge gebeur, maar God kan juis dit gebruik om ’n goeie werk in ons te begin.

Baie van ons hou ’n dapper front voor, maar binne is ons stukkend.

Dit neem ’n vlak van nederigheid om te sê: “Verandering is nodig in my lewe.”

God sal enige situasie gebruik om jou te wys wat kortkom in jou lewe. Dit kan egter nie vanself gebeur nie. Jy moet dit láát gebeur en jy sal nooit weet of dit sal slaag as jy nie probeer nie.

Die wil om te verander, moet sterk genoeg wees om jou deur die prosesse te help.

Jý moet die besluit neem, want niemand kan dit namens jou doen nie. Voordat ek self geleer het dat ék oor my lewe moet besluit, het ek nooit die erns daarvan besef nie.

Wanneer jy dit besef, kan jy vir ’n rede leef. Dan weet jy dat alles wat in jou lewe gebeur, saak maak, want jy word deur God gebruik. Wat die meeste mense as die einde gesien het, het ek as die begin ervaar. Alles binne my het gesmag om dít wat vir my bestem is, af te handel.

Die bestanddeel wat kortgekom het in my lewe was onvoorwaardelike liefde, die soort liefde wat Jesus hier op aarde vir alle mense geleef het. Liefde vervang vrees, en wanneer jy hierdie liefde joune gemaak het, dan raak verandering maklik en vreesloos.

Besluit wat nodig is om te verander in jou lewe. Vra jouself wat is nodig om die proses van verandering te laat gebeur en begin dadelik.

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top