Jou nuwe môre is om die draai

Jou nuwe môre is om die draai

Kyk,  die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.

(Jesaja 42:9)

Soms SOEK ons daai nuwe môre, maar hy wil net nie aanbreek nie!

Ek en my man het drie jaar lank “gesukkel” om kinders te kry. In my hart het ek vasgehou aan ’n belofte wat God my lank terug gegee het. Ek het ook geweet dat ek net geduldig moet wag vir sy tyd.

Ek het in dieselfde tyd ook ’n nuwe been van ...

Kyk,  die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.

(Jesaja 42:9)

Soms SOEK ons daai nuwe môre, maar hy wil net nie aanbreek nie!

Ek en my man het drie jaar lank “gesukkel” om kinders te kry. In my hart het ek vasgehou aan ’n belofte wat God my lank terug gegee het. Ek het ook geweet dat ek net geduldig moet wag vir sy tyd.

Ek het in dieselfde tyd ook ’n nuwe been van my musiekloopbaan probeer aanpak wat ek gevoel het ’n deel van my roeping is, en vir lank wou niks uitwerk nie … binne ’n maand (ná om en by drie jaar) raak ek toe swanger EN gaan ’n groot deur vir my oop in die nuwe been van my musiekloopbaan.

Ek is so dankbaar en is net weer herinner dat God se tyd nie ons tyd is nie. Ons moet net getrou en geduldig bly wag en aangaan met dit wat ons weet om te doen. Daardie nuwe môre is om die draai!

’n Nuwe môre is ook uitdagend en vol onbekendes, maar daar wag groot skatte vir ons, as ons toelaat dat die Lig (God) ons lei oor al die onbekende hindernisse. Mag jy saam met my uitsien na ’n nuwe môre uit God se hand. En as daardie nuwe môre aanbreek, mag jy as ’n ryker, wyser mens aan die ander kant aankom, en jou getuienis en lewe met mense deel, want jy SAL iets hê om te gee!

Daar duskant jou grootste vrees lê ’n nuwe vryer jy met iets in jou hand

Ons kry om weer uit te deel

Wat jy weggee, sal veelvoudig terugkeer na jou kant

“Nuwe Môre” – liriek deur Stella en Jake Odendaal

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top