Jou storie is God se glorie!

Jou storie is God se glorie! 

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop, en dié hoop beskaam nie ... 

(Romeine 5:3-5) 

As daar nou een man is wat darem deur baie dinge in sy lewe is, is dit Josef. Verwerp deur sy broers, verkoop asof hy ’n ornament is, valslik beskuldig deur Potifar se vrou, in die tronk gegooi as ’n onskuldige man.  

Die ongelooflikste deel van sy lewensverhaal is die dag toe hy voor sy broers ...

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop, en dié hoop beskaam nie … 

(Romeine 5:3-5) 

As daar nou een man is wat darem deur baie dinge in sy lewe is, is dit Josef. Verwerp deur sy broers, verkoop asof hy ’n ornament is, valslik beskuldig deur Potifar se vrou, in die tronk gegooi as ’n onskuldige man.  

Die ongelooflikste deel van sy lewensverhaal is die dag toe hy voor sy broers staan. Hy kon hulle konfronteer, slegsê en God kwalik neem. Maar hy doen iets wat min mense in sy skoene sou kon doen. Hy spreek hulle vry toe hy sê dat dit nie húlle is wat hom Egipte toe laat kom het nie, maar God. “Hy het my hierheen gestuur vir die dag wat julle uitkoms gaan nodig hê.”  

Wow! Wat ’n gesindheid! Hy gee erkenning aan God vir die moeilike pad wat hy gestap het!  

Dalk klink jou lewe soos ’n eietydse weergawe van Josef se lewe. Verwerp, verraai, vergeet, beskuldig en vasgevang. Miskien voel jy God het jou vergeet in die put of in die tronk van jou omstandighede. Leer gerus by Josef.  

God laat soms toe dat ons deur moeilike tye gaan – nie omdat Hy Homself daarin verlekker en ons nie uit ons omstandighede kan red nie. Hy sal nie ’n flikkerende lamp uitdoof of ’n geknakte riet breek nie. Hy laat alles ten goede meewerk.  

Hy sien die groter prentjie en weet dat jy baie sterker is as wat jy self besef.  

Getuienisse inspireer mense en gee vir hulle hoop. Jou vertroue of geloof, en die feit dat jy vasbyt, word ’n kompas vir iemand anders wat verdrink in hul pyn en ongeloof.  

Weet vandag … jou reis word dalk nog iemand se inspirasie. Jou storie word deel van sy glorie! 

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top