Jy moet die groter prentjie sien
- Mense wat inspireer
- Daniel Strauss
DANIEL STRAUSS leef voluit en sien elke dag as ’n leergeleentheid. Hy is ’n entrepreneur wat in ander belê en het ’n spesifieke manier van dink.
Te veel mense wag tevergeefs vir hulle skip om te kom. Hulle raak moedeloos wanneer ’n beter lewe nooit opdaag nie. Ek het al geleer, sukses kom nie sommer toevallig nie. Jy moet iets dóén. Belangriker nog – jy moet op die regte manier dink.
Dan kan jy sorg vir almal vir wie jy omgee. As ’n man en ’n pa werk ek juis om in my vrou en kinders se behoeftes te voorsien.
Soos almal, het ek drome.
Van jongs af wonder ek hoekom so min mense dit regkry om hulle drome te verwesenlik.
Ná ’n paar jaar van werk, reis, leer en diep dink, het ek besef dat daar in die sakewêreld sekere dinge is waarvan gewone mense, selfs hardwerkende entrepreneurs, nie weet nie.
Hulle weet nie eens dat daar reëls en beginsels is wat jou kanse op sukses dramaties kan verbeter indien jy dit toepas nie.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ma-wees kom met baie uitdagings, maar selfs in die moeilikste tye is NADIA BEUKES dankbaar vir die voorreg om ’n ouer te kan wees. Niks ...
SCHEPPEL – die boerseun met die lang hare en viool. Op sy unieke manier gee hy nuwe lewe aan Afrikaanse treffers. In my gesin het ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!