Kies jou seep met sorg

Kies jou seep met sorg

Jou vel huisves duisende spesies bakterieë – goeies en slegtes. Die goeie bakterieë help om die skadelikes te beveg.

Die goeie bakterieë oorleef gewoonlik nie by ’n pH onder 7 nie. Middels wat te alkalies is, maak die goeie bakterieë dood en maak jou vel vatbaarder vir ongesonde reaksies.

Skuimbad, handeseep, sjampoe, gesigreiniger en stortjel bevat dikwels sodiumlorielsulfaat (SLS) of natriumlorielsulfaat (SLES), wat gebruik word om dit te laat skuim. Die pH van SLS is tussen 9 en 20 – heeltemal te alkalies vir ’n gesonde vel.

Hoewel seep nie SLS bevat nie, is die pH van die meeste lyfsepe ook tussen 9 en 10.

Hierdie chemikalieë is sterk ontvetters en kan letterlik die vel van sy suurmantel stroop.

Hoe besluit jy wat die veiligste reiniger vir jou vel is? Dit is belangrik dat skoonheidsorgprodukte jou vel sagkens reinig, maar terselfdertyd die natuurlike suurmantel behou.

Lees die etiket voordat jy ’n lyfproduk koop en probeer sover moontlik om SLS en SLES te vermy. Skoonheidsalonne het dikwels professionele produkte met ’n neutrale pH beskikbaar.

Of oorweeg natuurlike plaasvervangers ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Het jy ’n jeukerige of rooi uitslag na die gebruik van skoonheidsprodukte? Dit kan ’n teken wees dat jy sensitief of selfs allergies is vir ...

Die krag van aanraking is groter as wat ons besef. Dit kan wondere vir liggaam en siel verrig. Daar is verskeie masseringstegnieke wat jy tuis ...

Scroll to Top