Slim maniere om ferm boarms te kry

Slim maniere om ferm boarms te kry

Dit is nie nodig om arms teen jou lyf te staan as jy bekendes wil groet nie. Kry ferm boarms sodat jy met vrymoedigheid vir hulle kan wuif.

Los vel is gewoonlik die gevolg van ouderdom, gewigstoename of gewigsverlies. Dit word veroorsaak deur ’n afname in spiermassa, bindweefsel en vetselle, en ’n verlies aan fermheid en vel-elastisiteit.

Een oplossing sou wees om dit te probeer wegsteek deur nooit weer vir mense te waai nie.

Gelukkig is daar maniere om die probleem op te los, deur jou dieet aan te pas en te oefen.

Daar is verskillende tegnieke om spiertonus te herstel en van die vlerkies ontslae te raak, soos om te oefen terwyl jy in die verkeer wag.

Vat die stuurwiel stewig vas, druk na binne vir jou borsspiere en na buite vir jou boarms.

Dit help egter nie dat jy wonderlike trisepse ontwikkel en hulle dan onder ’n lagie vet wegsteek nie. Drink baie water en eet gesonde kos. Verminder veral jou inname van suiker en versadigde vette.

Drink baie water en eet gesonde kos. Verminder ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die gemiddelde persoon stap elke dag ongeveer 7 500 treë. Dit verklaar waarom ons arme voete soms ’n bietjie verwaarloos lyk. Mooi voete verg gereelde, ...

Trots op jou nuwe lyfprentjie? ’n Bietjie moeite kan verseker dat jou tatoeëermerk vinnig gesond word en so lank moontlik mooi bly. Indien jy met ...

Scroll to Top