Behandel rekmerke met die regte produkte

Behandel rekmerke met die regte produkte

Om rekmerke te voorkom of te verminder is dit nodig om te weet hoe hulle ontstaan.

Die kollageen-en-elastiennetwerk speel ’n belangrike rol om jou vel te ondersteun en dit toe te laat om, wanneer nodig, soos ’n rubberbandjie te kan rek en weer terug te keer na normaal.

Merke word veroorsaak wanneer die elastiese dermis onherstelbaar beskadig word as dit skielik moet uitsit. ’n Inflammatoriese reaksie stel ’n ensiem vry wat die wonderlike ondersteuningstruktuur van die vel afbreek.

Dit gebeur in drie fases en affekteer die middelste laag – die laag onder die epidermis. Die liggaam probeer die wond so gou moontlik herstel. ’n Oormaat kollageen word vervaardig en die beskadigde of gebreekte weefsel vorm rooi of pers littekens.

Dit is hoekom dit so belangrik is wanneer jy lyfsorgmiddels inspan om dit te probeer voorkom, dat jy produkte gebruik wat nie ’n laag bo-op los nie.

Die beste is dié met bestanddele wat vinnig tot binne in die dermis geabsorbeer word waar dit die kollageen-en-elastiennetwerk help om soepel en inflammasievry te bly.

Soek vir produkte wat omega-olies (essensiële vetsure) bevat ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!