Jou vel huisves duisende spesies bakterieë – goeies en slegtes. Die goeie bakterieë help om die skadelikes te beveg.
Die goeie bakterieë oorleef gewoonlik nie by ’n pH onder 7 nie. Middels wat te alkalies is, maak die goeie bakterieë dood en maak jou vel vatbaarder vir ongesonde reaksies.
Skuimbad, handeseep, sjampoe, gesigreiniger en stortjel bevat dikwels sodiumlorielsulfaat (SLS) of natriumlorielsulfaat (SLES), wat gebruik word om dit te laat skuim. Die pH van SLS is tussen 9 en 20 – heeltemal te alkalies vir ’n gesonde vel.
Hoewel seep nie SLS bevat nie, is die pH van die meeste lyfsepe ook tussen 9 en 10.
Hierdie chemikalieë is sterk ontvetters en kan letterlik die vel van sy suurmantel stroop.
Hoe besluit jy wat die veiligste reiniger vir jou vel is? Dit is belangrik dat skoonheidsorgprodukte jou vel sagkens reinig, maar terselfdertyd die natuurlike suurmantel behou.
Lees die etiket voordat jy ’n lyfproduk koop en probeer sover moontlik om SLS en SLES te vermy. Skoonheidsalonne het dikwels professionele produkte met ’n neutrale pH beskikbaar.
Of oorweeg natuurlike plaasvervangers soos klapperolie of olyfolieseep wat van suiwer olyfolie en byewas gemaak word.
Onthou om nadat jy gebad het, ’n lyfroom met omega 3-olies aan te smeer..