Sorg mooi vir jou voete

Sorg mooi vir jou voete

Mooi voete verg gereelde, liefdevolle sorg. ’n Professionele pedikuur is die ideaal, maar daar is heelwat wat jy self kan doen om skurwe of gebarste hakke, eelte en droë vel te voorkom.

Die beste tyd vir ’n pamperlang is ná ’n warm bad of stort as die vel sag is.

’n Goeie voetskrop raak van dooie velletjies ontslae. Droog jou voete eers af sodat die skrop meer effektief kan werk en vryf daarmee oor die voetsole.

Vir die harder vel aan jou hakskene en op die bal van jou voete kan jy ’n voetvyl gebruik.

Wees versigtig om dit nie te oordryf nie anders gaan die vel baie sensitief en rooi wees.

Gebarste hakke is die gevolg van te min vog in die vel, lang ure se staan en gereeld kaalvoet loop.

Vryf jou voete, en veral die hakke, daagliks in met ’n ryk room of olie. Klapperolie is baie voedsaam vir jou vel en terselfdertyd ook ’n antiinflammatoriese en antimikrobiese middel.

Aangesien die olie baie dik is, kan jy dit in die aand aansmeer en dan ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die gemiddelde persoon stap elke dag ongeveer 7 500 treë. Dit verklaar waarom ons arme voete soms ’n bietjie verwaarloos lyk. Mooi voete verg gereelde, ...

Trots op jou nuwe lyfprentjie? ’n Bietjie moeite kan verseker dat jou tatoeëermerk vinnig gesond word en so lank moontlik mooi bly. Indien jy met ...

Scroll to Top