Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens dinge leer en ervaar, verander jy tog. En dit is oukei.
Elke seisoen van ons lewe vertel ’n ander storie
As ons jonk is, het ons het almal groot idees en wonderlike drome vir ons toekoms. Ek wil ’n besigheidsvrou word, ’n entrepreneur. Ek wil trou en kinders hê en daar wees vir my gesin. Later begin ons terugkyk op hierdie drome en wonder hoekom het ons nie daarby uitgekom nie?
Ons almal se lewe bestaan uit verskillende hoofstukke … verskillende seisoene. Dit begin by ons kinderdae, gevolg deur die tienerjare en dan die twintigs wat alles ’n bietjie op sy kop keer.
In ons dertigs vind ons meer standvastigheid en begin bou aan die lewe wat ons regtig wil hê.
Elke liewe seisoen in ons lewe vertel ’n ander storie.
Maar soms hou ons ongelukkig aan om vir onsself dieselfde ou storie oor en oor te vertel. Ons hou aan om ou doelwitte te probeer bereik. Ons bly fokus op wie ons nog altyd was.
Só gee ons onsself nie die vryheid om te wees wie ons nou is nie. Ons ontwikkel nie soos ons ouer word nie.
Soos die tyd verbygaan, leer jy nuwe dinge en beleef nuwe ervarings. En dit is goed en reg. Dit is belangrik dat jy dit besef.
Op 25 het ons soms wonderlike doelwitte en groot idees. Ek wil ’n besigheidsvrou word, of dalk ’n entrepreneur. Ek wil iemand se vrou wees, iemand se mamma, en vir my gesin sorg. Ons het almal verskillende drome.
Op 35 kyk ons dalk dan terug op ons drome van vroeër. Dan dink ons, het ek misluk? Is dit dít vir my lewe? Of dalk het jy bereik wat jy wou, maar dink nou, wat is volgende?
Dit is ontsaglik belangrik om jouself in elke hoofstuk van jou lewe te herdefinieer. Dít sodat jy nie bly vashaak by hoe jy dink die lewe moes lyk en dit bloot oor en oor herhaal nie.
Dit is egter ook belangrik om bestekopname te doen. Gaan kyk waar jy nou is, en hoe jy die heeltyd met jouself gepraat het. Wat het ek net oor en oor vir myself herhaal oor hoe die lewe moet wees.
Herdefinieer jouself in elke hoofstuk van jou lewe
Wanneer jy voorraad opneem en na jou gedagtes begin luister, besef jy wat jy eintlik nog al die tyd vir jouself gesê het.
Die enigste manier om regtig gelukkig te wees, is om 2.5 kinders te hê. Of ’n mens kan slegs gelukkig wees as jy hierdie bedrag geld verdien. Jy moet in hierdie plek bly en soveel vriende hê om waarlik gelukkig te wees.
En as jou prentjie dan nie soos een van hierdie lyk nie, is jy teleurgesteld. Of miskien besef jy op 35, 40 of 45 dat jy al daardie dinge gedoen het, en nou wil jy begin om te reis. Dalk voel jy, ek het die korporatiewe roete gevolg, nou wil ek ’n entrepreneur wees, of andersom.
Gee jouself toestemming om regtig nou te lewe, in hierdie oomblik. Lééf elke hoofstuk van jou lewe.
Stel vas wat dit is wat jy regtig vir hierdie hoofstuk van jou lewe wil hê. Vra jouself dan wat jy toegelaat het om jou te verhoed om dit te doen.
Soms is dit iets wat iemand in jou verlede gesê het. Toe ons kinders was, móés jy byvoorbeeld ’n dokter of ’n prokureur word. As jy iets anders oorweeg het, is dit as bloot onverantwoordelik afgemaak.
Al wou jy dan eerder iets kreatief gedoen het, het hierdie stemme uit jou kinderjare jou beheer. Jy laat dit steeds toe ná al die jare, al kan jy nie eens die mense se name onthou wat dit “onverantwoordelik” genoem het nie.
Dit is maar net een van vele voorbeelde. Soms is dit die manier waarop ons ons kinders grootmaak, hoe ons ons huishouding bestuur. Soms gaan dit oor ons huwelike, of hoe ons na ons liggame kyk.
Dit is hierdie dinge wat ons diep binne onsself stoor, wat ons oor die lewe glo, wat ons inperk en ons lewe steel.
Watter gedagte of oortuiging laat jy toe om te keer dat jy jou lewe regtig leef op die manier wat jy wil? Wat kan jy op hierdie oomblik doen om jou te laat voel jy leef jou mees oorspronklike lewe?
Nou is jy besig om hierdie hoofstuk van jou lewe herdefinieer!