Leer om… Die konneksie met jou kind te versterk

Leer om… Die konneksie met jou kind te versterk

“Gebruik die tyd wat jy by die kinders is en maak dit ‘gehaltetyd’,” sê Lizanne du Plessis, aanbieder van die E–KURSUS Maak jou kind speel–speel slim.

’n Gesonde verhouding benodig empatie, goedheid en deernis

Watter ma smag nie na kosbare oomblikke saam met die kinders wat haar hart se punt is nie?

Kinders is op hulle beste as hulle ’n sterk band het met iemand wat vir hulle omgee. Wanneer jy in die tye wat julle saam ...

“Gebruik die tyd wat jy by die kinders is en maak dit ‘gehaltetyd’,” sê Lizanne du Plessis, aanbieder van die E–KURSUS Maak jou kind speel–speel slim.

’n Gesonde verhouding benodig empatie, goedheid en deernis

Watter ma smag nie na kosbare oomblikke saam met die kinders wat haar hart se punt is nie?

Kinders is op hulle beste as hulle ’n sterk band het met iemand wat vir hulle omgee. Wanneer jy in die tye wat julle saam is, regtig met hulle bind, word hulle brein gestimuleer, hulle verhouding met jou versterk en hulle gedrag verander.

Gesinne staan elke dag op, ry in die kar, kom terug huis toe, het hopelik tyd vir ’n bietjie speel, gesels en lag … Dan word daar geëet en daarna reggemaak om te gaan slaap. Die volgende dag gebeur alles weer van voor af.

Sien hierdie tye in ’n nuwe lig. Wees doelgerig wanneer dit kom by roetines, wat julle doen en hoe julle met mekaar omgaan.

Jy sal sien, jou kind se breinontwikkeling word gestimuleer, julle vorm ’n sterk verhouding en daar sal minder uitdagende gedrag wees.

Konsekwente en positiewe interaksies verminder hulle stres, laat hulle beter slaap, ontwikkel hulle emosionele intelligensie en verbeter hulle akademiese vordering.

Vir gesonde verhoudings is drie eienskappe nodig: empatie, goedheid en deernis. Een van die beste oefenvelde hiervoor is jou huis. Jy het geen spesiale toerusting, speelgoed of tegnologie nodig nie.

Soms is konneksie-oomblikke belangriker as lesse vir die lewe

Die vermoë om te empatiseer, begin in die vroeë kinderjare ontwikkel. Dan word jou kind ’n tiener en jy wonder of hulle ooit van die woord “omgee” gehoor het.

Tieners se breine is só bedraad dat hulle in hierdie stadium geneig is om selfgesentreerd te wees.

Byt vas! As jy doelgerig aan hierdie vaardigheid gewerk het en jy ’n voorbeeld stel, sal jy sien dat tieners wel oor die vaardigheid beskik om ook aan ander te dink.

Ouers wil dinge “beter maak”. Ons hang soos helikopters oor ons kinders en is reg om te land en tot hulle redding te kom sodra hulle sukkel of iets verkeerd loop.

Helikopter-ouerskap help egter niemand. Dit maak almal net angstig en leer jongmense dat daar geen ruimte vir foute, mislukkings en terugslae is nie.

Wat ons oefen as ons empatie oefen, is juis dit. Soms is daar nie ’n antwoord of ’n ding wat daardie gevoel van teleurstelling, frustrasie of irritasie dadelik beter maak nie.

Brené Brown stel dit goed: “Rarely can a response make something better. What makes something better, is connection.”

Kinders moet natuurlik lesse leer! Lesse soos dankbaarheid en om nie oor alles te kla nie. Maar dan is daar ook tye wat ons moet besef “connection wins”.

Dit is van meer waarde om ons kinders op ons skoot te tel, om hulle vas te druk of in die oë te kyk en te sê: “Mamma kan sien dit is vir jou swaar. Ek is jammer dat dit vir jou sleg is.”

Dit is wanneer ons só reageer dat ons kinders werklik empatie sal ervaar.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...

Gesprekke met jou kind hoef nie uitdagend te wees nie! Hier is ’n paar maklike wenke oor hoe om oor moeilike onderwerpe te praat. Weet ...

Scroll to Top