Lewe is ’n gawe van God

Lewe is ’n gawe van God

Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ’n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.

(Klaagliedere 3:31-33)

Miskien kan jy ook getuig hoe jy die Here in die verlede moes vertrou, maar gedink het niks gaan uitwerk nie. Onthou jy hoe Hy toe die legkaart wel laat pas het? Wel, as jy daarvan kan getuig, kan jy dit gerus weer doen, want Hy is gister, vandag en môre ...

Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ’n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.

(Klaagliedere 3:31-33)

Miskien kan jy ook getuig hoe jy die Here in die verlede moes vertrou, maar gedink het niks gaan uitwerk nie. Onthou jy hoe Hy toe die legkaart wel laat pas het? Wel, as jy daarvan kan getuig, kan jy dit gerus weer doen, want Hy is gister, vandag en môre dieselfde. Sy beloftes is nog net so geldig as toentertyd.

Dalk het jy al gedink die Here het jou moedswillig weggestoot en sommer net so laat staan. In Klaagliedere 3 kry ons egter goeie nuus.

As jy my vra of ek hierdie teks verstaan, sê ek onomwonde NEE, maar as jy vra of ek dit glo, sê ek JA, want ek het dit al soveel keer in aksie gesien. Jy moet egter die voorwaarde nakom, en dit is om te bly lewe. Solank daar lewe is, is daar hoop.

Lewe is ’n gawe van God. Jesus het uit die dood uit opgestaan, sodat ek en jy die lewe kan hê, en dit in oorvloed – in hierdie bedeling en die een hierna. Terwyl ons in hierdie lewe is, het ons die taak om sy koninkryk uit te brei. Solank jy leef, is dit moontlik.Die beste manier om jou eie lewe te verbeter, is om hoop vir ander te gee. As jy dit self het, kan jy dit uitdeel.

“Lewe nou” is my gunstelinglied om te sing!

’n Hond wat lewe, is beter as ’n leeu wat dood is. Onthou, jy is tot alles in staat, deur Christus wat jou krag gee.

Klaagliedere 3:24: “Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.” Mag jou hoop vandag ook op Hom gevestig wees!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top