Jannie Putter [oudio+video]

Maak ‘n verskil met deernis en respek

Dis die klein dingetjies wat belangrik is. Deur daar te wees vir ander en hulle menswaardig te laat voel, kan jy ’n lewe vir altyd verander.

Jy het seker al gehoor van Maslow se hiërargie van behoeftes. Daarvolgens is daar is drie verskillende vlakke wat vir ons bevrediging gee.

Die heel basiese vlak is ons fisiese behoeftes, wat eerste bevredig moet word, naamlik voedsel, veiligheid, suurstof en rus.

Daarna word dinge soos familie, werk en gesondheid baie belangrik. Die boonste vlak van sy hiërargie is om uiteindelik ’n betekenisvolle bestaan te voer – om ’n verskil te maak.

Laat iemand anders belangrik voel en vind jou waarde

Ek het nou die dag met ’n groep mense gesels oor wanneer iemand se lewe regtig ’n verskil maak. Soos julle dalk weet, is ek sedert 2015 by die Goue Leeus-rugbyspan betrokke, en daar is ’n klomp Springbokspelers onder hulle.

Ek herinner hulle gereeld daaraan dat ek nie een van hulle belangriker as ’n ander een ag nie. Die feit dat jy ’n Springbok geword het, maak jou nie belangriker as ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...

Scroll to Top