Moenie dat negatiewe omstandighede jou onderkry nie 

Moenie dat negatiewe omstandighede jou onderkry nie 

Dis maklik om rond te kyk en depressief te raak. Maar moenie jou deur negatiewe omstandighede laat onderkry nie. Neem inisiatief en verander. 

Dink kreatief oor omstandighede wat nie kan verander nie 

Rut het haar nie laat onderkry deur die “fynskrif” dat die graanreël verpligtend was nie. Sy neem inisiatief, stap na die naaste garsland en vra die voorman om haar toe te laat om are op te tel.

Die voorman stem in en Rut spring aan die werk. Hou in gedagte dat hierdie vrou nie ’n ...

Dis maklik om rond te kyk en depressief te raak. Maar moenie jou deur negatiewe omstandighede laat onderkry nie. Neem inisiatief en verander. 

Dink kreatief oor omstandighede wat nie kan verander nie 

Rut het haar nie laat onderkry deur die “fynskrif” dat die graanreël verpligtend was nie. Sy neem inisiatief, stap na die naaste garsland en vra die voorman om haar toe te laat om are op te tel.

Die voorman stem in en Rut spring aan die werk. Hou in gedagte dat hierdie vrou nie ’n watwonderse ondersteuningstelsel gehad het nie.

Haar “kamermaat” Naomi was depressief. Die atmosfeer in die huis was somber en die koskaste leeg. Tog laat Rut haar nie deur toegetrekte gordyne en moods versmoor nie.

Sy dring nie aan op kwotas of wat sy voel haar toekom nie.

Sy aanvaar nie ander se pligsgevoel, of verantwoordelikheidsin as vanselfsprekend nie. Sy blaas nie stoom af om braaivleisvure of teekoppies nie. Sy staan op en doen iets.

Neem berekende risiko’s. Indien jy nie weet hoe om ’n wêreld wat rondom jou verval, te herbou nie, fynkam die reëls. Wees slim en gebruik sekere prosedures tot jou voordeel – sodat ander ook gehelp kan word.

Al is dit ook so dat ons nie altyd kry wat ons verdien nie, slegte dinge gebeur met goeie mense en andersom ook.

Neem vandag ’n besluit om al die bitter en seer oor jou of die land se situasie te laat gaan. Kies doelbewus om aan jou geloof vas te hou. Dinge sal nie noodwendig oornag verander nie, maar jý kan verander.

Begin dankie sê dat Hy groter is as al jou vrese, twyfel, sondige begeertes en folterende gedagtes.

Vra vir wysheid om heeltemal nuut oor jou situasie te kan dink. Wees verseker dat daar ’n goeie rede vir jou en ander se seerkry is.

Soos wat jy geestelik groei, sal jy ontdek dat jy nie net aan jouself moet dink nie. Bevryding van self-fokus maak ons vry om mekaar te dien.

Midde in ’n moeilike situasie word ’n mens getroos en versterk. En daarna is jy weer in staat om ander met wie dit moeilik gaan te troos.

Omdat jy weet jy is nooit alleen nie, kan jy iemand anders aan haar swaar vrag help dra – en self gelukkiger wees!

Wees dankbaar, dit maak jou oë oop vir vrede 

Ann Voskamp het ’n boek oor ’n dankie-joernaal geskryf. Sy het ontdek dat dit die klein dingetjies is wat ’n mens se houding verander.

In haar dankieboek, wat op haar kombuistafel gelê het, het sy oomblikke van dankbaarheid begin neerskryf.

Die son wat deur die wolke skyn, die glans in ’n voël se vlerk, die skoenlapper op die vensterbank. En kort voor lank was sy by ’n duisend dankies, of “geskenke”, soos sy dit noem.

Hierdie oefening sal jou sintuie verskerp. Jou ore sal skielik die voëltjies beter begin hoor. Die reuk van varsgemaalde koffie en die smaak van ’n lekker stuk kaaskoek kan inskrywings in jou dankieboek geword.

Dit beteken dat ons ook in pyn en swaarkry die dankieboek moet naby hou. Vind die mooi in die lelik, sê Ann, want dit is daar, al sien jy dit eers met die terugkyk.

Voor jy sien, is jy op pad na 1 000 dankiedinge. En raak jy opgewonde oor ’n nuwe stel sintuie en die “towerstaf” in jou handsak wat oral saamgaan!

Tog is dit nie altyd maklik om dankbaar te wees nie.

Wanneer jy volgende keer moedeloos voel, dink hieraan: Hoe sal dit wees as jy iets moet verloor wat jy op die oomblik wel het? Dink aan jou gesondheid, jou kinders of jou werk.

Wat as jy môreoggend sou wakker word sonder dit waarvoor jy nie vandag dankbaar was nie?

Wat aanvaar jy as vanselfsprekend? Dink aan ’n mooi sonsopkoms; om te kan opstaan sonder hulp, ’n goeie geheue, die geur van die blomme in jou tuin.

Of kyk ’n bietjie anders daarna. Watter verskil kan jou dankbaarheid in ander mense se lewens maak? ’n Dankie met ’n glimlag vir die sekuriteitswag wat jou kar oppas, kan haar hele dag ophelder.

Dis dan wanneer ander na jou kyk en wonder hoekom jy nie bitter of depressief is nie. Daar het dan soveel hartseer goed in jou lewe gebeur.

Dis nie geluk wat lei tot dankbaarheid nie, dis dankbaarheid wat lei tot geluk.

Vermy mense wat kla en fokus op die goeie 

Wanneer jy angstig en bekommerd voel, dink mooi waarvoor jy jou ore uitleen. Waaraan spandeer jy die meeste van jou tyd? Saam met wie bring jy die meeste van jou tyd deur?

Onthou, vriende is veronderstel om jou te inspireer en uit te daag om die beste “jy” te wees.

My lewe het drasties begin verander toe ek besluit het om ’n mentor te kry. Iemand waarna ek kon opkyk en wat my kon uitdaag om beter as gister te wees.

Goeie denkpatrone is soos ’n spier wat elke dag moet oefen. Dit kom nie net vanself nie, jy moet dit kies en elke dag daaraan werk.

Maar net jy is verantwoordelik vir wat jy toelaat en waaraan jy aandag gee. Maak seker dat dit gesonde, positiewe dinge is. Kyk na opbouende programme en spandeer tyd in motiverende geselskap.

Fokus op die mooi dinge, ons het so baie om voor dankbaar te wees. Beter nog, wees jý die mooi. Wat jy saai, sal jy maai!

Daar is ’n wonderlike oefening vir wanneer jy deur angs moet werk. Dit werk so: Maak jou dagboek oop en soek twee skoon bladsye langs mekaar. Links skryf jy “huidige ek” en aan die regterkant “toekomstige ek”.

Op die “huidige ek”-bladsy beskryf jy jouself soos jy nou is. Jou klerestyl en wat jy eet, jou verhoudings en werk. Wie jy is.

Neem ’n oomblik en wees dankbaar vir die lewe wat jy tot hier geleef het.

Op die “toekomstige ek”-bladsy gaan jy droom oor wie jy graag wil wees. Droom groot en wees kreatief oor hierdie vrou. Beskryf haar in soveel moontlik detail.

Nou dat jy weet wie jy wil wees, is dit tyd om verantwoordelikheid te aanvaar vir jou ingesteldheid.

Moenie fokus op dit wat nie gedoen kan word of wat nie kan werk nie. So ’n ingesteldheid sê: “ek is te oud” of “ek kan nie”. Hierdie ingesteldheid is bang vir nuwe uitdagings en vir kritiek.

Wees bereid om te groei en te ontwikkel. Sien die lewe as moontlikhede en nuwe dinge om te probeer.

Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien 

Die lewe is 10% wat met ons gebeur en 90% van hoe ons daarop reageer. Daarom moet ons nooit die belangrikheid van karakter onderskat nie. Niks kan verander voor jy nie verander nie!

Iemand se persoonlikheid kan gesien word deur die klere wat sy dra, die vermaak wat sy geniet en haar vriende.

Karakter is ’n direkte refleksie van iemand se geestelike waardes. Die bekende skrywer CS Lewis het gesê karakter en integriteit is om die regte ding te doen wanneer niemand kyk nie.

Op die ou einde is dit nie net wat jy glo wat van jou ’n goeie mens maak nie. Gedrag speel ook ’n groot rol.

Dit is nie net woorde van goeie dade wat krag dra nie. ’n Mens se karakter kan opgesom word deur na jou gewoontes en optrede te kyk. En daar is geen beter manier om iemand op te som as hoe sy optree wanneer sy verkeerd was nie!

Elke seisoen van jou lewe leer jou ’n paar nuwe karaktereienskappe. Dit laat jou toe om te groei, te bloei en te blom!

Seerkry en swaarkry veroorsaak dat jy jou oë, ore en hart wil toesluit om jouself te beskerm. Dit help egter nie om die realiteite te ontken en jou af te sonder net sodat jy nie sal seerkry nie.

In ’n gemaksone sal daar nie groei wees nie. Die donker is dikwels die perfekte plek en teelaarde vir ongelooflike mooi blomme.

Ons spandeer baie tyd en geld aan ons uiterlike. Skoonheid is tydelik en kan nie wegsteek wat binnekant aangaan nie. Dit is nie altyd maklik om die blink kant bo te hou nie.

En tog, juis wanneer jy glo jy is onder omstandighede begrawe, is jy eintlik geplant om beter en mooier dinge te beleef.

Niemand is ’n eiland nie. Daarom moet jou groei ook vir ander iets beteken.

Sekere dinge word soms toegelaat om ons by die plek te bring waar ons buite ons gemaksone groei. Dan kan ons blom en vir ander met wie dit ook moeilik gaan, hoop gee.

Deel die artikel

Méér artikels

Moenie toelaat dat vrees jou lewe dikteer en keer dat jy doelgerig leef nie. Leer hóé om JA te sê vir die lewe en dit ...

Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...

Scroll to Top