My dogtertjie se stryd bring vreemdelinge op hulle knieë 

My dogtertjie se stryd bring vreemdelinge op hulle knieë 

Ons dien ’n magtige God! As wat met my klein prinsessie gebeur het, net een mens na Jesus toe lei, val ek in dankbaarheid op my knieë neer.  

Ek was in die kombuis besig toe ek die slag hoor. Toe volg ’n gil wat deur murg en been sny. Ek skrik! ’n Geweerskoot? Skiet iemand op ons? My man! My kinders! Hulle is buite. Daar waar die slag vandaan gekom het. Ek los alles en hardloop uit …

Die gesig wat my buite begroet, behoort geen ma ooit te sien nie. Dis ’n beeld wat die res van my lewe by my gaan spook. Die onheilspellende lig van die vlamme … die verskrikking.

Die angs op my man se gesig … en daarmee saam die vreesaanjaende besef: Dis Pippie. Pippie brand! My pragtige tweejarige dogtertjie is in vlamme gehul.

Sonder om verder te dink, pluk ek my bloes af en draai dit om haar. Probeer só die wrede vlamme blus wat besig is om die klein liggaampie te verteer. Ek druk-druk met my hande, maar dit bly brand.

Van êrens verskyn my skoonpa ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Al het ek Hom nie gesien nie, was God altyd daar. Soos ander gekies het om oor my te kyk, het ek nie Sy hand ...

“Ek en Wiets het onmiddellik ervaar hoe ander se gebede ons dra. Wanneer jy in so ’n donker lugleegte beland, is God jou enigste werklikheid.” ...

Scroll to Top