My geheim vir ’n gesonde lewe

My geheim vir ’n gesonde lewe

MINETTE VISSER glo jy moet die lewe vanuit ’n holistiese oogpunt benader en seker maak dat alle fasette in balans is om regtig gesond en gelukkig te wees.

Begin vandag nog om gesond te leef

Wanneer die lewe druk, gryp baie van ons na ’n kruk om ons deur moeilike en stresvolle tye te help. Daardie kruk kan enigiets wees, van kos tot alkohol of selfs buitensporige inkopies.

Wanneer jou lewe buite beheer voel, is dit belangrik om die balans te herstel. Die manier om dit te ...

MINETTE VISSER glo jy moet die lewe vanuit ’n holistiese oogpunt benader en seker maak dat alle fasette in balans is om regtig gesond en gelukkig te wees.

Begin vandag nog om gesond te leef

Wanneer die lewe druk, gryp baie van ons na ’n kruk om ons deur moeilike en stresvolle tye te help. Daardie kruk kan enigiets wees, van kos tot alkohol of selfs buitensporige inkopies.

Wanneer jou lewe buite beheer voel, is dit belangrik om die balans te herstel. Die manier om dit te doen, is om vanuit ’n holistiese oogpunt na jou omstandighede te kyk.

Jou verhouding met kos gaan oor meer as eet. Kos is soveel meer as net iets wat jy moet “doen” om te oorleef. Dit is gekoppel aan jou emosies, herinneringe, en selfs aan jou sosiale interaksie.

Ons vier dikwels geleenthede met kos en bederf onsself soms met ’n lekkerny of twee. Maar vir party mense ruk dit hand uit.

Wanneer jy dus te veel of te min eet, is die oorsaak dikwels onderliggend en kan jy dit net oplos as jy die balans in jou lewe kan herstel.

Om tyd te maak vir jouself is ’n doelbewuste besluit. Ek het lankal reeds besef dat dit nodig is om myself, so tussendeur my ander verpligtinge en verantwoordelikhede, ’n prioriteit te maak.

Ek noem dit “selfsorg vir mamma”, en ek sal so elke nou en dan vir my man sê dat ek nou tyd nodig het vir myself. Dit is baie belangrik, want dit is wat my koppie vol hou.

Kommunikasie is die sleutel tot ’n gesonde gesinslewe. Vir my is dit baie belangrik om gereeld en behoorlik met my man en kinders te gesels.

Sodoende bly ons op die hoogte van wat in mekaar se lewe aangaan en word onnodige vrae en misverstande uitgeskakel. Dit is ook belangrik om baie saam te lag, gedurig pret te hê en perspektief te behou.

Kinders moet natuurlik ook reëls hê en jy moet gemoedsrus hê dat daardie fyn lyn in julle verhouding bestaan.

Maak die regte besluite vir jou gesondheid

Wat jy in jou besigheid sit, is wat jy gaan uitkry. Hierdie is ’n beginsel waarin ek 100% glo en wat ek deel maak van elke besluit wat ek omtrent my besigheid neem.

Ek is mal oor my werk en passievol oor wat ek doen, maar ek pas my eie reëls toe om seker te maak dat ek én my besigheid gesond bly.

Ek moet myself dwing om af te skakel, want as ek dit nie doen nie, sal ek permanent werk.

My geloof dra my regtig deur die stresvolle tye. In die Bybel staan daar dat ons nie bekommerd moet wees oor wat die dag van môre inhou nie en dit is ook hoe ek my lewe benader.

Dit is alles goed en wel om gesond te eet en te oefen, maar as jy nie gelukkig is by die werk of by die huis nie, sal jou liggaam dit wys en sal jy nie gesond wees nie.

Maak seker dat jy hou van wat jy doen, dat daar ’n goeie atmosfeer by die huis heers en dat jy genoeg lag.

Die oefening waarvoor jy tyd maak, is die regte een vir jou. Elke mens se lyf, omstandighede en behoeftes is anders. Daar is nie ’n stel vasgestelde reëls vir almal nie.

Ek geniet Pilates, omdat dit goed is vir my lyf en siel, en ek eet sover as moontlik regte (ongeprosesseerde) kos soos vars vrugte, groente, vleis, sade en neute.

Maar wat vir my werk, sal nie noodwendig vir jou werk nie. Kies oefeninge wat jy geniet en eet wat goed is vir jou lyf.

Deel die artikel

Méér artikels

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste ...

Scroll to Top