“My Liggaam én Gees is Nuut!” – LIZE CLOETE

Vir Lize Cloete (37) het 2025 begin met ’n groot skuif – weg van haar bekende wortels in Naboomspruit, na ’n nuwe pos in Pretoria by ’n skool vir leergestremdes. Die verandering en ontwrigting was groot,, maar sy het van die eerste dag af geweet: hierdie jaar gaan anders wees. “My liggaam is die een plek waar ek altyd moet woon – ek kies nou om dit ’n goeie, gesonde plek te maak,” het sy besluit.

Toe sy op 23 April die ander Top 10-deelnemers ontmoet, was dit met ’n mengsel van opwinding, onsekerheid en ...

Vir Lize Cloete (37) het 2025 begin met ’n groot skuif – weg van haar bekende wortels in Naboomspruit, na ’n nuwe pos in Pretoria by ’n skool vir leergestremdes. Die verandering en ontwrigting was groot,, maar sy het van die eerste dag af geweet: hierdie jaar gaan anders wees. “My liggaam is die een plek waar ek altyd moet woon – ek kies nou om dit ’n goeie, gesonde plek te maak,” het sy besluit.

Toe sy op 23 April die ander Top 10-deelnemers ontmoet, was dit met ’n mengsel van opwinding, onsekerheid en hoop. “Ek het huis toe gegaan met nuwe vriendskappe én ’n nuwe perspektief,” vertel sy. Daardie eerste sesie was vir haar die begin van ’n reis wat baie meer sou wees as net gewigsverlies – dit sou ’n pad van genesing, geloof en selfontdekking word.

Die eerste weke was ’n toets in dissipline. Lize het haar eetplan streng gevolg, al het dit beteken dat sy groente vir ontbyt moes eet – iets wat sy nooit kon indink nie. “Waar ’n wil is,

is ’n weg. Dis ‘mind over matter’,” sê sy. Die aanpassing was nie maklik nie: moegheid, emosionele skommelinge en versoekings was volop. Maar sy het vasgebyt, elke dag haar treë gestap, en in oomblikke van swakheid tot God gebid vir krag.

Kom kyk wie wen die NUWE JY 2025!

Daar is 6 finaliste oor… Die wenner van die nuwe jy word aangekondig by ons Nuwe Jy-fees. Kry jou kaartjie nou!

Teen week drie het sy begin voel hoe haar energie terugkom. Sy het nie meer ná werk op die rusbank neergesak nie – sy het gekies om te stap, selfs ’n ekstra kilometer, net omdat sy wou. Kollegas het begin opmerk dat sy gesonder en gelukkiger lyk. “Ek weet nou dis nie net ek wat die verskil voel nie – dit begin wys.”

Maar daar was ook moeiliker weke – wateronderbrekings, swaar menstruasie, koue wat haar lus vir trooskos aangewakker het, en dae met min energie. Lize het geleer om sagter met haarself te wees: “Ek hoef nie altyd perfek te wees om vordering te maak nie. Elke klein besluit in die regte rigting tel.”

Deur dit alles het sy haar geloof as anker gehou. Skrifverse soos Filippense 4:13 – “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” – het haar daagliks herinner dat sy die pad nie alleen stap nie. Sy het ook ontdek hoe belangrik haar nuwe ondersteuningsnetwerk is: mede-deelnemers, kollegas, en geliefdes wat saam bly wees oor elke oorwinning, groot of klein.

Toe die finale weke aanbreek, het Lize teruggekyk en besef hoe ver sy gekom het. Die inweeg voor die finale sessie het haar stoutste verwagtinge oortref. En toe die dag self aanbreek – met professionele grimering, haarstilering, ʼn pragtige uitrusting, kameras wat flits en natuurlik die aand se vieringe– het sy gevoel asof sy ’n celebrity is. “In my dag des lewens het ek NOOIT gedink hierdie hele journey sou my só ten goede verander nie. My alles, binne en buite.”

Vandag staan sy sterker, in liggaam en gees. Haar woorde aan ander vroue wat nog twyfel of hulle die sprong moet waag: “Dis nie die einde nie – dis net die begin van die nuwe ek. Jy hoef nie te wag vir die regte tyd’ nie. Die regte tyd is nou.”

Deel die artikel

Méér artikels

Hoewel sommige fisieke letsels onvermydelik is, beteken dit nie dat jy nie met die onooglike merke opgeskeep hoef te sit nie. Die meeste van ons ...

10 min. + gaarmaak 10 min. 5-6 sosaties Vir die sosaties   ongeveer 600 g skaapvleis in middelmatige blokkies gesny   ongeveer 12 sprietuie   6 vye (1 ...

Scroll to Top