
My raad kom uit die hart
- My storie
- Jenna-Leigh Bilong
JENNA-LEIGH BILONG is al baie deur moeilike tye in haar lewe. Nou kan sy ander mense help, want haar raad kom uit die hart en uit haar eie negatiewe ervarings.
Die besluit om in ’n plakkerskamp te gaan bly, het my meer empatie vir mense gegee. As tiener wou ek graag iewers behoort. Omdat die vriende saam met wie ek gereeld gesing en musiek gemaak het, in ’n plakkerskamp gewoon het, is ek ook soontoe.
Dit het, vreemd genoeg, vir my ’n familiegevoel gegee. Almal daar het my aanvaar soos ek is. In ’n plakkerskamp leer ken jy egter ook gou die gevoel van hopeloosheid en die realiteit van armoede.
Ek het baie mense ontmoet wat hard gewerk het om die beste van hulle situasie te maak. Party huise was selfs netjieser as van die grootste mansions waarin ek al was! Tog was almal in dieselfde gevoel van bekommernis en magteloosheid vasgevang.
As ek vandag vir iemand raad gee, gebruik ek nie bloot boek- of kopkennis nie. My raad kom uit die hart omdat ek hierdie emosies al
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sy ’n legende in die Afrikaanse musiekbedryf met liedjies soos “Dis ’n land”, “Timothy” en “Byeboerwa”. CARIKE KEUZENKAMP gesels oor haar loopbaan, ’n suksesvolle huwelik, ...
Dr. Serahni Symington, spelterapeut en Voelgoed se ouerskap-mentor, gesels oor die ontnugterings van ouerskap, haar werk met kinders en ook die draaiballe wat ma’s elke ...