Bianca van Rensburg

Oefen gaan oor meer as net gewigsverlies

Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer voordele in as om net vinnig ekstra gewig af te skud.

Oefening kan gesondheidsprobleme soos hoë bloeddruk en hoë cholesterol voorkom. Dit is siektes wat jy nie wil hê nie, want jy moet allerlei veranderinge aan jou leefstyl maak om daarby aan te pas en jouself te beskerm. As jy oefen het jy ’n goeie kans om dit te voorkom.

Dit is ook voordelig vir velgesondheid. Wanneer jy oefen word meer anti-oksidante geproduseer wat help met die beskerming teen vrye radikale. 

Begin met ’n verskeidenheid van dinge as jy nie weet waarin jy goed is nie.

Doen kardio-oefening, oefen met gewiggies of kry vir jou ’n spansport soos netbal. Bepaal waarvan jy hou en wat by jou roetine en skedule sal inpas.

Doen oefeninge of ’n sportsoort wat jy geniet. Moet byvoorbeeld nie netbal oorweeg as jy nie vinnig op jou voete is nie. Moet ook nie probeer swem as jy nie daarvan hou om in water te ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dit is belangrik om vas te stel wat die effek van inflammasie spesifiek op jóú gesondheid en gewig is. Sodoende kan jy jou dieet en ...

As jy te min kalsium, vitamien D en minerale inneem, verminder jou beendigtheid. Dit veroorsaak dan osteoporose en kan geweldig seer wees, afhangende van hoe ...

Scroll to Top