Nuwe jy-finalis 2022
Ansie Kotze (48), kantoorwerker, het 15 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor …
Ek hou asem op. Doktersbesoeke is lankal nie meer ’n positiewe ervaring nie. Gaan dit hierdie keer anders wees?
Die dokter toets en meet … toe glimlag hy breed.
Vir die eerste keer in jare is my bloedsuiker en bloeddruk binne normale perke. Ek ly ook nie meer aan tipe 2-diabetes nie. En die rugpyn, waarvoor nóg ’n rugoperasie my voorland sou wees, is bykans iets van die verlede. Ek voel soveel ligter en meer beweeglik.
“You’ve got this …” sê die dokter ingenome. Inderdaad, want alles het verander! Ek herken myself skaars.
As ek voorheen in ’n plek ingestap het en mense kýk, het ek altyd gewonder waarna kyk hulle? Wat is fout? Nou voel ek: Kyk maar – want wat jy ook al sien of dink, gaan niks verander aan die selfliefde en trots wat ek voel nie.
Nou dat ek ook my eie traumas deurgewerk het, is daar soveel meer begrip vir ander mense. Ek sien aanmerkings nie meer as ’n belediging nie; eerder as ’n besef dat hierdie persoon vanuit hulle eie plek van seer praat.
In die toekoms wil ek nog baie mense help en inspireer met my eie ervaring.