Talita van Dyk

Oefening laat jou beter en sterker voel, van binne en buite.

Nuwe jy-finalis 2022

Talita van Dyk (37), administratiewe beampte, het 16 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor ...

’n Ma by die skoolkoorafsluiting stop viervoet in haar spore. “Haai, dis wraggies jy. Ek loop al heel middag verby en herken jou nie. Jy lyk stunning!”

Iemand anders merk op hoe jonk en gesond ek lyk.

By die gim verbaas ek myself met die kardio en gewigte wat lag-lag deel van my nuwe roetine geword het; en dit nogal vir iemand wat ...

Nuwe jy-finalis 2022

Talita van Dyk (37), administratiewe beampte, het 16 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor …

’n Ma by die skoolkoorafsluiting stop viervoet in haar spore. “Haai, dis wraggies jy. Ek loop al heel middag verby en herken jou nie. Jy lyk stunning!”

Iemand anders merk op hoe jonk en gesond ek lyk.

By die gim verbaas ek myself met die kardio en gewigte wat lag-lag deel van my nuwe roetine geword het; en dit nogal vir iemand wat nog altyd aan haarself as onatleties gedink het.

“Talita, jy kán gatskop,” klop ek myself op die skouer.

Vir die eerste keer in jare loop hierdie vrou oor van selfvertroue – teenoor bekendes en vreemdelinge.

Deesdae neem ek komplimente ter harte en deel ek dit ook gul uit aan ander.

Ek is nie meer die mens wat heeltyd wil baklei en kwaad is vir die wêreld nie.

Mense se (negatiewe) opinies maak of breek my nie meer nie. Ek weet nou dit het eintlik niks met my uit te waai nie.

’n Nuwe vrede en tevredenheid het hierbinne ontluik – en dít gaan ek koester vir die res van my lewe!

Die Nuwe jy-program word geborg deur

SLENDER WONDER – ‘n mediese gewigsverliesprogram

Vir meer inligting oor

Nuwe jy se jaarlikse 60 dae-uitdaging (Februarie en Maart),

kliek op nuwejy.co.za/60-dae-uitdaging.

Deel die artikel

Méér artikels

Nuwe jy-finalis 2023 Lucinda van Niekerk, 35, entrepreneur, het 15.5 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor … Ek klim huiwerig ...

Nuwe jy-finalis 2023 Leön Filmalter, 51, krediteurspesialis, het 13.2 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor … “My vrou, jy klink ...

Scroll to Top