
Om die lewe weer in die oë te kyk
- My storie
- Ivor Swartz
IVOR SWARTZ is ’n motiveringspreker en jeugpredikant by NG kerk Oosterlig, Pretoria. Hy kyk ondanks moeilike omstandighede, groot foute en swak keuses wéér die lewe vierkantig in die oë.
Vir die mense wat jou nie eintlik ken nie, waar het jy grootgeword?
Ek kom van Grabouw af, ’n baie klein dorpie in die Wes-Kaap. Die area waarin ek grootgeword het, is Gaatjie. Dit was ’n baie arm area.
Ek sê altyd daar is vier goed waarvoor Gaatjie baie bekend was: hopeloosheid, armoede, rondloperhonde en afwesige pa’s.
Ek het in ’n huis grootgeword waar daar nie ’n pa was nie. My pa is dood toe ek drie jaar oud was en my ma moes ons grootmaak.
My ma was ’n gelowige persoon. Sy’t kerk geloop en sy moes die rol van moeder, vader en disciplinarian speel.
Ek het ook ’n ouer broer gehad. Hy was ’n monster wat ons om elke hoek en draai aangerand het.
Hy was deel van die bendes en as gevolg van sy betrokkenheid, het ek my ook later by bendes aangesluit ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
GUSTAV GOUS se werk weerspieël ’n diep verbintenis om individue en organisasies te bemagtig. Gustav gesels oor mislukking, sukses, verhoudings en ware vryheid. Deel ’n ...
Senior mense het die potensiaal om ons gemeenskap vorentoe te help en te verbeter, vertel Gryskrag se INA WILKEN. Saam kan ons die samelewing verbeter. ...