Ontdek jou kernwaardes en gebruik dit om sukses te bereik

Ontdek jou kernwaardes en gebruik dit om sukses te bereik 

Vind uit wat vir jou belangrik is! ARMAND KRUGER leer jou hoe om jou kernwaardes te verstaan en te gebruik om ’n gelukkiger, meer vervullende lewe te lei. 

Hoe jou waardes jou verhoudings, keuses en gedrag beïnvloed 

Dit wat vir ons belangrik is, is soos die oortjies van ʼn seekoei. Baie van dit wat vir ons belangrik is, is vir ons onbewustelik, maar nie onsigbaar nie. Elke keer wanneer ons iets doen of ʼn besluit neem, of ʼn voorkeur uitspreek, word dit moontlik gemaak deur hierdie element van ons ervaring ...

Vind uit wat vir jou belangrik is! ARMAND KRUGER leer jou hoe om jou kernwaardes te verstaan en te gebruik om ’n gelukkiger, meer vervullende lewe te lei. 

Hoe jou waardes jou verhoudings, keuses en gedrag beïnvloed 

Dit wat vir ons belangrik is, is soos die oortjies van ʼn seekoei. Baie van dit wat vir ons belangrik is, is vir ons onbewustelik, maar nie onsigbaar nie. Elke keer wanneer ons iets doen of ʼn besluit neem, of ʼn voorkeur uitspreek, word dit moontlik gemaak deur hierdie element van ons ervaring van wat ons as belangrik ag. Wat ons belangrik ag noem ons ’n waarde.  

Een van die funksies van ’n waarde, is dat dit energie beskikbaar maak sodat ons dit wat in die situasie vir ons belangrik is, kan doen. Waardes gee ook vir ons ’n bepaalde koers en voorkeur vir dit wat ons wel doen.  

Met ons waardes gee ons onsself toestemming om op ’n sekere manier op te tree, en nie op ’n ander manier nie.  

Hier is drie voorbeelde:  

  1. Wanneer ek omgee, het ek ʼn bepaalde ervaringsdefinisie vir omgee. Hierdie definisie bepaal hoe ek optree en wat ek bereid sal wees om te doen in die naam van omgee. 
  1. Wanneer ek kwaad is, geld dieselfde reëls as hierbo: my kwaad het ’n definisie, ’n inhoud en ’n beperking. Ek laat myself net sekere maniere van kwaad toe.  
  1. Om suksesvol te wees, is die resultaat van om konstant die gedrag, of besluite of voorkeure wat tot sukses sal bydra die belangrikste posisie in my hart (nie die fisieke een nie) en gedagtes te gee. Soos sukses, is mislukking nie toevallig nie, maar ’n proses waarin ons prioriteite, of dan waardes, ’n bepaalde rol speel wat die uitkoms onvermydelik maak. 

Ons gedrag is baie beter voorspellers van ons waardes as ons woorde. Ek vind dikwels dat wat bestuurders in onderhoude sê glad nie ooreenkom met hulle werklike gedrag in die werksplek teenoor hulle werksmense nie. Of ouers sal vertel hoe kinders groot gemaak is wat hemelsbreed verskil van hulle kwaad en onregverdige gedrag wat hulle wel teenoor kinders doen.  

Hoe om jou kernwaardes in aksie te gebruik vir sukses 

As jy wil weet wat saak maak vir iemand, kyk na hulle gedrag. Hierdie waardebeginsel tel nie net vir “hulle” nie, dit is ook op mý van toepassing. Byvoorbeeld: Dit wat ek graag wil doen en nooit voor tyd het nie? Of weet wat ek moet doen maar … ? Of ek weet dit was nie reg nie maar … ?  

Dit is die soort woorde wat sê iets anders was in daardie oomblik belangriker, en my gedrag is ʼn meer geldige aanduier van dit wat regtig saak gemaak het toe die tekkie die teer slaan. 

Is Christenwees ’n kernwaarde? Die funksionele antwoord is nee, waardes is kontekstueel. My Christenwees is die belangrikste waarde, maar nie ’n kernwaarde nie. Kyk maar hoeveel definisies daar is vir liefwees, dankbaarwees, verwonderdwees, kwaadwees ensovoorts. Die waardedefinisie bepaal die “dat” en die “hoe”.  

Soos die situasie verander, verander die inhoud van die definisie en die soort toestemming vir die manier van optree. Christenwees is nie een manier nie. Christenwees is soos verskillende gesiggies van ʼn diamant wat uit verskillende hoeke belig word.  

Hoe die situasie is, is hoe ek my Christenskap doen.  

  • Hoe is jy ’n naaste vir die vuil persoon by die verkeerslig (en let op na jou “ja, maars” oor wat belangriker is)?  
  • Hoe volg jy Jesus se voorbeeld wanneer iemand grense oorskry (let maar op watter emosie jy as verskoning gebruik wat jou gedrag bepaal)? 
  • Bepaal ’n baie spesifieke situasie of insident waaroor jy wil huiswerk doen? Mens, tyd, plek. 
  1. Wat maak vir jou daarin saak? Wat is vir jou belangrik? Wat staan uit van die daardie gebeurtenis? As jy al vantevore so ’n ervaring gehad het, wat het jy gedoen? As jou gedrag of emosies ’n boodskap was, wat was die boodskap? 
  1. Wat is voordelig daarin om hierdie waarde te doen? 
  1. Wat is ’n moontlike prys of skade wat ek met hierdie waarde kan aanrig? As daar ’n prys is, wat kan anders wees in nommer 2 hierbo genoem? 

Nou moet jy elke dag so leef en daarvolgens optree ook. Met ander woorde, sit jou woorde in dade om. Waardes in aksie sal gewoontes of wenresepte vir sukses word. Onthou, jou oortuigings en waardes maak jou nie ’n beter mens nie, jou gedrag doen dit!  

Deel die artikel

Méér artikels

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Scroll to Top