Ontspan, gee oor aan God
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
(Filippense 4:6)
Jy ken seker die frase: âLet go and let God âŠâ
Om te laat gaan, beteken nie noodwendig jy gee nie meer om nie. Dit beteken net jy kan nie meer iets daaraan doen nie.
Jy gee vrees nie meer vatplek aan jou siel nie. Jy staar die waarheid in die oĂ« en gee God die reg om in te gryp. Jy skuif al die negatiewe kommentaar agter die rug en stel jou in op wat God sĂȘ. Dit laat jou toe om die stilte weer te geniet. Dit gee jou moed om alleen te staan wetend dat jy in sy voetspore staan. Dit gee jou krag om asem te haal, jou oor in te stel om God se stem te hoor en weer te glo dat Hy omgee.
Om te laat gaan, is nie om magteloos toe te kyk dat dinge ten gronde gaan nie, maar om die natuurlike verloop van sake te bestuur en nie die uitkoms te probeer bepaal nie. ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
MĂ©Ă©r artikels
Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. (Psalm 46:11) Ek het my twee oudste dogters eenmaal verloor ...
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32) Jesus het die beginsel van vergifnis ...