Oorvloedige-blydskap-en-vrede_result

Oorvloedige blydskap en vrede 

Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.  

(Psalm 16:5, 11) 

Hierdie oorvloedige blydskap, vreugde en vrede word nêrens in die psalm gekoppel aan Dawid se omstandighede nie. Dit maak nie saak of hy koning is en of hy moet vlug vir sy lewe nie. Sy vreugde is gekoppel aan ’n kragtige, standvastige verhouding met die lewende God.  

Hierdie ...

Hierdie psalm is nie ’n resep vir vreugde of blydskap nie. Ware vreugde is ’n doelbewuste, vrywillige oorgee van myself. Dis ’n pad stap saam met God. Dag en nag. En ek kies dit. 

Ons koppel ons vreugde en tevredenheid so dikwels aan ons omstandighede. As my bankbalans byvoorbeeld goed lyk, is ek gelukkig of party mense is net gelukkig wanneer hulle met vakansie is – drie weke in ’n jaar!  

Die probleem is – sommer gou skort daar weer iets in my lewe, en sodra my omstandighede nie meer perfek is nie, dan is ek weer ongelukkig. Omstandighede werk soos die seisoene – dit wissel heeltyd. 

Ek wil jou uitdaag om soos Dawid vandag ’n bietjie tot stilstand te kom en dankie te sê vir ’n pragtige deel wat vir jou afgemeet is.  

Navorsing toon wanneer jy dankbare gedagtes dink, bevorder dit jou immuunsisteem. Dit is goed vir jou gesondheid om dankbaar te wees. Jy spaar geld en bevry jou boonop van baie probleme.  

Dankbare mense is gelukkige mense. Kan jy glo, navorsing toon nou dat selfs al luister jy net na mense se gekla, is dit al klaar sleg vir jou brein! 

Jy kan natuurlik ook net soveel vreugde ervaar as jy weet jy maak werklik ’n verskil in iemand anders se lewe; wanneer jy ander help, dien en liefhet. Probeer dit gerus, dit werk vir my! 

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top