Oorwinnaars – Hy het ons lief

Oorwinnaars – Hy het ons lief

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

(Romeine 8:37)

Paulus beskryf God se liefde vir ons: Geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Jesus Christus ons Here.

Sjoe, dit is amper onmoontlik om met ons menslike denke te begryp. Maar hierdeur wil Hy vandag vir jou kom sê: Hy ...

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

(Romeine 8:37)

Paulus beskryf God se liefde vir ons: Geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Jesus Christus ons Here.

Sjoe, dit is amper onmoontlik om met ons menslike denke te begryp. Maar hierdeur wil Hy vandag vir jou kom sê: Hy is lief vir jou met ’n liefde wat verder, hoër, wyer en dieper strek as wat jy ooit kan begryp. Hy het jou lief net soos jy is met al jou flaters.

Jy moet weet en aanvaar dat jy vir Hom kosbaar en spesiaal is. En ja, daar gaan moeilike tye en aanslae kom, want ons leef in ’n gebroke wêreld. Maar God sal jou nooit alleen laat nie. Onthou, jy is ’n oorwinnaar omdat jy sy Seun, Jesus Christus, se liefdesdaad aan die kruis aanvaar het, toe Hy vir jou die oorwinning behaal het.

Jou krag as oorwinnaar kom nie van sterk spiere en ’n groot swaard nie, maar vanuit die Bron van Liefde, wat God is! ’n Oorwinnaar is een wat vele kere val, maar elke keer een keer meer opstaan. Lewe dan uit sy liefde as oorwinnaar!

Dit is my wens vir jou dat jy ook sal vra: Pappa Vader, dankie dat U my liefhet net soos ek is en dat niks u liefde vir my minder kan maak nie. Ek staan vandag in u oorwinning deur u liefde as oorwinnaar op. Al gaan dit moeilik en gebeur daar soms dinge wat my seermaak, sal ek staan in die krag van u liefde.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top