Gee Hom al die eer in jou storie

Gee Hom al die eer in jou storie

Red my uit die bek van die leeu ... U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. Julle wat die Here dien, prys Hom!

(Psalm 22:22-24)

Mense hou van stories vertel. Ek hou daarvan om na stories te luister. Ons word ook deur Jesus aangesê om stories te vertel – die verhaal van hoe Hy my lewe aangeraak het, oftewel my getuienis.

Ek is soms huiwerig om my storie te vertel, juis omdat ek nie ...

Red my uit die bek van die leeu … U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. Julle wat die Here dien, prys Hom!

(Psalm 22:22-24)

Mense hou van stories vertel. Ek hou daarvan om na stories te luister. Ons word ook deur Jesus aangesê om stories te vertel – die verhaal van hoe Hy my lewe aangeraak het, oftewel my getuienis.

Ek is soms huiwerig om my storie te vertel, juis omdat ek nie die Bybel van hoek tot kant kan opsê nie, of bang is dat ek die verkeerde ding sal kwytraak. Ons moet wel onthou dat my getuienis ’n weergawe is van dit wat werklik met my gebeur het. Niemand kan die feite wegredeneer nie. Hulle kan slegs die verandering in my lewe of in die manier wat ek praat, sien.

Daarom is my getuienis so kragtig. Daarom kan my storie iemand se lewe verander. Dis my eie storie.

Ek hoef nie skaam te wees oor my getuienis nie. Ek hoef ook nie feite te verdraai, of inligting by te voeg om my storie sappiger te maak nie. Ons moet versigtig wees om nie te lieg en te oordryf oor dinge nie. Ons moet versigtig wees om nie te spog nie. Jy het seker al gehoor hoe mense spog oor hul vorige lewe, voor hulle Jesus leer ken het, asof dit cool was. Ek het ook al gehoor dat iemand doelbewus dwelms wil gebruik omdat hy dan beter tot mense wat verslaaf is, kan getuig. Dieselfde het gegeld vir drank.

Moan jy of brag jy oor jou vorige lewe? Vertel liewer oor hoe Jesus jou gebruik het of in jou gewerk het, as om jouself groot te praat. Sorg dat Hy al die eer kry wanneer jy jou storie vertel.

Onthou die gesegde: “Your story is the key that can unlock someone else’s prison.”

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top