In die lugstroom van Sy grootheid
- #StilwordSondag
- Wanda Bam
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
(Efesiërs 6:10)
Die uitdrukking lui: “Gaan groot of gaan huis toe!” En: “Groter is beter!” Jy het seker al die grappies gehoor oor die kinders wat hul pa’s vergelyk. Jannie: “My pa het ’n vis gevang so groot soos my lyf.” Kosie: “Maar mý pa het ’n vis gevang so groot soos my kamer.” “Dis nog niks, mý pa het ’n vis gevang so groot soos die hele Gauteng!”
Het die woordjie “groot” nie dalk al heeltemal ’n te “groot” impak op ons besluite nie? Waarteen meet ek groot? Meer geld – minder geld. Meer kwalifikasies – minder kwalifikasies. Meer beleggings – minder beleggings. Ons onderskei selfs tussen groot waarhede en waarhede, groter liefde en liefde.
Daar bestaan weinig indien enige akkurate maatstaf om “groot” op sy eie, onafhanklik van ander faktore, te bepaal. Daar is altyd iets voor die oomblik, ervaring of besitting wat ’n standaard gestel het ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...