[OUDIO] As jy roep, sal Hy jou hoor
- Geloof [Oudio]
- Carly van der Vyver, pastoor
Om jou hoop te vestig op Sy belofte vir beter dinge, beteken dit nie daar gaan nié moeilike tye wees nie. Dit beteken wel dat Hy jou hoor roep in jou nood.
As jy die Here met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand soek, sal Hy vir jou deurkom. Niks is vir Hom te groot of onmoontlik nie.
Wat sê God daaroor as ons Hom wil soek? En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek (Hebreërs 11:6).
God self is ons grootste beloning! Wanneer ons Hom het, het ons alles in die wêreld. Daarom: “Soek die Here en sy krag, soek Sy teenwoordigheid aanhoudend!”
Om soekend te wees na God behels ’n doelbewuste poging om deur natuurlike middele tot God self te kom. Om ons gedagtes voortdurend op Hom te vestig in al ons ervarings. Om ons gedagtes en harte op Hom te rig deur middel van Sy openbaring.
God wag vir ons om ’n verhouding met ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Besluiteloosheid is waarom sukses mense ontwyk. Andrew Carnegie het beweer dat mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte besluit.
...Esmé Maré
Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met al jou aandag ...
Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons ...