[OUDIO] Eer God met jou woorde en gedrag
- Geloof [Oudio]
- Danileigh Steyn, aanbiddingsleier en sanger
Dis een ding om te sê jy is ’n Christen; ’n ander om Goddelike karakter te wys. Die Here wil ons gebruik om ander te red met woorde en dade!
Dis belangrik om tyd te maak vir God in ons gejaagde skedule. Sonder gereelde kommunikasie met Hom sal ons soos die wêreld wees.
Benader elke dag – en elke besluit wat jy moet neem – met ’n gebed. Bid vir die Heilige Gees se leiding en openbaring. Jou gebede moet so gereeld en natuurlik soos jou asemhaling wees.
God wil die Here van jou lewe wees – nie net in jou woorde nie, maar ook in jou optrede.
Ons weerspieël Jesus wanneer ons ander behandel soos Hy ons behandel.
Wanneer jy gekonfronteer word met ongeregtigheid: ’n ongevraagde kwetsende opinie of iemand wat jou in die rug steek of onregverdig behandel, is dit ’n geleentheid om iemand se hart na God toe te draai.
Probeer Jesus visualiseer en tree dan op vanuit Sy hart van liefde.
Jy is ’n lig wat die wêreld nodig het om God se ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Dit is belangrik om vas te stel wat die effek van inflammasie spesifiek op jóú gesondheid en gewig is. Sodoende kan jy jou dieet en ...
Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...
Cherise Vermeulen, skrywer en vervaardiger van TV-programme vir kinders
Ons verheerlik God nie sodat Hy daaruit kan voordeel trek nie, maar sodat óns kan! Dit beteken nie dat Sy aanbidding op ons behoeftes gebaseer ...