[OUDIO] Vergeet van vergelyk, hou op kompeteer
- Ouerskap [Oudio]
- Ernalize du Toit, skrywer en joernalis
Dis so uitputtend om jouself met ander ma’s te vergelyk … staak dadelik die onderlinge kompetisie oor wie se kind die beste is. Ondersteun mekaar eerder.
Daar is ’n uitdrukking wat lui: “Selfvertroue is nié om in ’n vertrek in te stap en te dink dat jy beter as almal is nie. Dit is om te weet dat jy nie nodig het om jouself met enigiemand te vergelyk nie.” As ma moet ’n mens so vroeg moontlik hierdie les leer.
Staak die alewige vergelykspeletjie. Dit sal jou tot raserny dryf en beslis nie help om jou beter te laat voel nie. Moenie konstant met al die ma’s om jou probeer kompeteer nie.
Bly eerder vanuit die staanspoor weg van die “kompetisie”. Uiteindelik gaan daar, soos in oorlog, geen wenners wees nie.
Die spoggerige kosblikke wat jy pak (of nié pak nie) tot die aktiwiteite waaraan jy jou kinders blootstel, word alles vinnig ’n onmoontlike maatstaf vir jou ma-wees. Moenie gedwing voel om al jou keuses te verduidelik en verdedig nie. Doen wat vir jou en jou gesin goed en reg is.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Lizelle van der Klashorst
As jou lewe en toekomsdrome in ’n doodloopstraat beland, is dit tyd om verandering te verwelkom. Jy kan dit met jou woorde en dade teweegbring. ...
Elmine du Toit
Vanaf klassieke tye is rou groente met olie, asyn en sout geëet. Om gereeld slaai te eet, is ’n ou gesonde eetgewoonte, maar goeie keuses ...
Johan Laten
“Identifiseer ’n vertroueling met wie jy kan praat, want anders raak dit ’n sneeubal wat al hoe groter raak,” sê JOHAN LATEN. Identifiseer ’n vertroueling ...