Ons word gereeld met frustrasies en uitdagings gekonfronteer wat ’n mens gestres laat en jou vrede steel. Dit is dan moeilik om weer perspektief te kry.
In vandag se samelewing word ons met soveel frustrasies en uitdagings gekonfronteer. Dit kan ’n nuwe werk wees, of jy het dalk jou huis verloor.
Dit kan ’n probleem met alkohol- of dwelmmisbruik wees. Of dit kan verhoudingsprobleme, ’n egskeiding of selfs die dood wees.
Dinge soos velprobleme en om bloot net nie mooi genoeg te voel nie, vul die lys van frustrasies aan. Dit kan ’n mens gestres en doelloos laat, en tot ’n identiteitskrisis lei. Dit is dan moeilik om weer perspektief te kry om aan te gaan. Soveel mense kan hiervan getuig.
Een van die grootste newe-effekte van hierdie uitdagings is die benadeling van jou gesondheid. Dit beïnvloed ook jou voorkoms. Dit is dalk tyd om op te hou om volgens ander se selfs goedbedoelde, opinies te lewe.
As seuns en dogters van God staan ons in die outoriteit wat Hy aan ons gee. Ons kan met nederigheid oor ons omstandighede heers.
Ons hoef nie teruggehou te word deur negatiewe situasies uit ons verlede nie. Ons is op aarde om te regeer en keuses te maak wat lewe bring.
Dinge gaan nie altyd uitwerk soos wat ons dit wil hê nie, maar Jesus gee vir ons vrede en vreugde in alles. Van grootmense tot tieners, en selfs kinders beleef hierdie frustrasies. Almal soek maniere om dit te oorkom, maar dit is nie altyd so maklik nie.
Maak aanpassings. Begin sommer by jou gedagtes. Jy is die somtotaal van jou gedagtes. Leer uit die Woord en ander mense se ervarings om jou hart rustiger te maak. Keer so dat frustrasies jou onderkry. Laat dit jou positief beïnvloed.