[Oudio] Frustrasie kom steel jou vrede

Ons word gereeld met frustrasies en uitdagings gekonfronteer wat ’n mens gestres laat en jou vrede steel. Dit is dan moeilik om weer perspektief te kry.

In vandag se samelewing word ons met soveel frustrasies en uitdagings gekonfronteer. Dit kan ’n nuwe werk wees, of jy het dalk jou huis verloor.

Dit kan ’n probleem met alkohol- of dwelmmisbruik wees. Of dit kan verhoudingsprobleme, ’n egskeiding of selfs die dood wees.

Dinge soos velprobleme en om bloot net nie mooi genoeg te voel nie, vul die lys van frustrasies aan. Dit kan ’n mens gestres en doelloos laat, en tot ’n identiteitskrisis lei. Dit is dan moeilik om weer perspektief te kry om aan te gaan. Soveel mense kan hiervan getuig.

Een van die grootste newe-effekte van hierdie uitdagings is die benadeling van jou gesondheid. Dit beïnvloed ook jou voorkoms. Dit is dalk tyd om op te hou om volgens ander se selfs goedbedoelde, opinies te lewe.

As seuns en dogters van God staan ons in die outoriteit wat Hy aan ons gee. Ons kan met nederigheid oor ons omstandighede heers.

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!