Uitbranding beteken letterlik om sonder brandstof te wees. Ons voel uitgeput en sielsmoeg. Sommige het klaar sonder petrol langs die pad gaan staan.
Fotograaf het op ’n keer foto’s van graad eens by ’n skool geneem.
Een dogtertjie was vreeslik op haar senuwees, en die fotograaf probeer toe om haar op haar gemak te laat voel. Hy vra haar wat sy eendag wil word as sy groot is.
Die dogtertjie antwoord ewe kordaat: “Moeg. As ek groot is, gaan ek moeg wees.”