[OUDIO] Jy is nooit alleen in jou nood nie

Soms voel dit asof jy alleen is, wanneer jy Hom die nodigste het. Dan moet ons die kere wat Hy wél aan Sy belofte gestand gedoen het, onthou. 

Het jy al ooit gewonder waar God is wanneer jou hele lewe ineenstort? En juis in hierdie oomblikke het jy uitgeroep na God, maar daar was net stilte, geen antwoord, net ’n gevoel van “waar is God?”. 

Wel, jy is nie alleen nie! Ons vind soveel voorbeelde van persone in die Bybel wat ook op ’n stadium gewonder het waar die Here is. ’n Derde van die boek Psalms handel oor Dawid wat in pyn uitroep na God, waar dit vir hom voel asof God hom verlaat het. 

Selfs Job se lewensverhaal was een van smart en pyn, tot so ’n mate dat hy self op ’n tyd gesê het: “Ek wens ek was nooit gebore nie”. 

Elkeen van ons het al in die lewe moeilike tye beleef of tragiese gebeurtenisse deurgemaak. En in hierdie tye het dit vir ons gevoel asof God nie ons noodkreet antwoord nie. 

Ons vind in die Bybel ’n baie interessante gebeurtenis wat soveel lig op hierdie onderwerp bring. 

Deel die oudio
Scroll to Top