[OUDIO] Laat gaan wat voel soos ’n groot gesukkel

Ons sukkel soms so om self ons weg te probeer vind, dat ons nie die deur in die donker raaksien nie. Staan terug en ontvang. 

Ek het alles laat gaan waaraan ek vasgeklou het, soos iemand wat gereed is om te val. Die worsteling en wroeging binne my het stilgeword.

Ek het begin verf, iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar graag wou probeer. Elke dag is begin met ’n doelbewuste besluit om dankbaarheid te beleef vir elke klein dingetjie in my lewe. My lekker kussing en warm bed, my gunstelingkoffie en die glimlag op ’n vreemdeling se gesig.

Ek het elke dag gekies om dáár te wees in elke oomblik en dit ten volle te beleef. Dit was asof ek op ’n stoel gaan sit het in hierdie donker kamer met volle aanvaarding vir wat was.

Dit was in hierdie oomblik van diepe tevredenheid in die donker, dat my oog toe die lig vang wat deur ’n gleufie inkom. Die oomblik toe ek ophou soek het, was dit daar … die deur!

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens ...

Ons almal weet dat porsiegrootte baie belangrik is. Presies hoe groot moet die verskillende porsies elke maaltyd op my bord wees?

...

Dr. Johan Beukes

“Jy kan hoogs suksesvol wees en steeds jouself verloor,” sê DR. JOHAN BEUKES. Leer om die tekens van leierskap-uitbranding vroegtydig raak te sien. Leierskap het ...

Scroll to Top