[OUDIO] Maak ’n gewoonte van met aandag eet
- Nuwe jy [Oudio]
- Esmé Maré
Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met al jou aandag eet.
Wees bewus van elke happie wat jy vat. Eet moet nie net outomaties geskied, terwyl jy lees, na jou foon kyk, televisie kyk, dagdroom of beplanning doen nie. Dit voel dalk onrealisties om bedag te moet wees op elke hap of selfs elke maaltyd. Met die druk van werk en familie is dit ook nie altyd moontlik nie.
Ons word soms gedwing om haastig op pad êrens heen, gou iets af te sluk. Ons het net ’n sekere tyd om te eet. Selfs al kan jy nie die heeltyd streng bewustelike eetgewoontes volg nie, kan jy steeds probeer om met aandag te eet. Moenie jou liggaam se boodskappe ignoreer nie.
Dink aan aandagtige eetgewoontes soos jy aan oefening dink: elke bietjie tel, en help.
Probeer aanvanklik vir kort tydjies aandagtig eet, so vyf minute op ’n slag. Bou dan geleidelik daarop voort. Begin byvoorbeeld deur diep asem te haal. Let op die voedingswaarde van jou kos.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Is koffie goed of sleg vir jou? Daar is soveel teenstrydige inligting oor koffie en jou gesondheid. Vind uit hoe jy jou ...
Louwerens Swanepoel
“Jy moet uit jou gemaksone klim om uiteindelik ’n lewe te kan bou. Doen dit, maar weet dat jy tog ’n ...
Voel jy hopeloos? LIESEL KRAUSE-WIID gee raad oor hoe hoop jou kan help om sterk en positief te bly, selfs deur die ...