[OUDIO] Maak ‘n kopskuif – doen wat vreugde gee
- Selfhelp [Oudio]
- Celeste du Toit, lewensafrigter en holistiese terapeut
’n Leeftyd van dinge teen jou sin doen, kan ’n ongelukkige, onvervulde, vervelige lewe tot gevolg hê. Maak ’n kopskuif en kies vryheid en vreugde.
Doen dinge anders, of doen ander dinge. Ervaring kan wysheid bring, mits ons dit gebruik. Foute is uitstekende leermeesters as jy daaruit leer. As ons nie aksie neem en daadwerklik dinge anders doen om nuwe deure oop te sluit wat ons wíl oopsluit nie, trap ons in ’n slaggat.
Handhaaf jou waardigheid. Jy is niemand se vloerlap nie. Soms is dit nodig om op te staan vir jouself. Om nee te sê en weg te stap van ’n persoon of omstandighede. Neem verantwoordelikheid vir wat jy wil manifesteer en vir jou welstand.
Sommige dinge moet ons maar net doen omdat dit belangrik is vir ons welstand. Hou op om vir jouself te sê jy “moet” dit doen. Doen dit omdat dit belangrik is. Soos gesond eet, om jou finansies goed te bestuur, en huis skoon te maak.
Selfrespek en innerlike welstand is om genoeg dissipline aan die dag te lê. Om konsekwent en verantwoordelik te wees in álle sfere van jou ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Leandra Foster
Alle ma’s doen nie outomaties die hele tyd alles foutloos nie. Goeie ouerskap word aangeleer en ontwikkel soos jou kind groei. Kry ...
Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou ...
Lourens Botha
Anders as wat die samelewing insinueer, is dit nie selfsugtig om jouself ’n prioriteit te maak nie. So sal jy beter na ...