[OUDIO] Net by God kry ons ware vreugde 

“Jy is so gelukkig soos wat jou verhouding is. Wees lief vir God en jou naaste,” sê predikant en skrywer LIESEL KRAUSE-WIID. 

Dit is nie geld en besittings wat ons gelukkig maak nie, dit is ons verhouding met God en ons verhouding met mense.

Ons kan so maklik iets van iemand anders dink of sê, maar gaan ’n bietjie en klim in daardie persoon se skoene, dan voel jy ook hoe druk daardie skoene.

Baie keer in ’n verhouding is dit nodig dat ons net ’n bietjie na die ander kant toe sal stap. Om met die ander een se hart te voel, met die ander een se oë te kyk, begrip te hê en in hulle skoene te klim.

Wees ook versigtig om nie jou geluk in iemand anders se hande te sit nie. Om te verwag dat my man my gelukkig moet maak, of my kinders moet my gelukkig maak. Dan sit jy mos daardie geluk in iemand anders se hande.

Net by God kan ons ware vreugde kry. In jouself moet jy ook daardie vreugde en vrede besef.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Lourens Botha

Anders as wat die samelewing insinueer, is dit nie selfsugtig om jouself ’n prioriteit te maak nie. So sal jy beter na ...

Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou ...

Tilesia Colyn

Skep jy vir jouself lyding? Dit blokkeer jou reis na selfontdekking. TILESIA COLYN verduidelik hoe om los te kom en jou ware ...

Scroll to Top