[OUDIO] Raadpleeg eerste die Bybel vir wyse raad
- Ouerskap [Oudio]
- Ingrid Bell
Die Bybel is nie “outyds” nie. Pas die raad daarin altyd eerste toe bo dit wat elke dag op die internet voorgestel word.
Daar is ’n wêreldse verskil tussen kennis en wysheid; net soos daar ’n verskil is tussen wêreldse en ware wysheid. Ons kan lewenslank kennis inwin, maar tog wysheid ontbreek. Ons kan ons kennis van die Woord verbreed deur die Bybel te lees en verse te memoriseer.
Wysheid verg egter begrip. En die onderskeidingsvermoë om te sien watter feite relevant is in sekere situasies, asook moed om dit toe te pas. Kennis is dalk die fondasie, maar wysheid is die boustene om te weet wanneer, waar en hoe jy die kennis moet gebruik.
God se Woord bied aan ons tydlose raad, maar ook die lewenskrag om te volhard. Die lewe is gesaai met uitdagings. Besluite wat geneem moet word. Onstuimighede wat wysheid vereis.
In die boek Spreuke kry ons nie net die kennis wat ons nodig het om goeie ouers te kan wees nie. Maar ook om goeie leiers, besigheidsmense, ’n goeie vrou vir jou man, en ’n goeie opsigter van die besittings waarmee ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Esmé Maré
Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met al jou aandag ...
Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons ...
Soms kies ons om twee keer swaar te kry. Ons herleef die slegte tye van die verlede in ons gedagtes. Ons loop die oomblik waarin ...